Tieners sterf toe hulle stilstaande trok tref

Die Toyota waarin die tieners gery het (Foto: Crisis Medical)

Die Toyota waarin die tieners gery het (Foto: Crisis Medical)

Twee tieners is Sondagoggend vroeg op die M4 naby Sibaya Casino, noord van Durban, dood toe hulle met ʼn Toyota agter in ʼn stilstaande vragmotor vasgery het.

“Die motor het teen ʼn hoë snelheid die vragmotor van agter getref,” het Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, in ʼn verklaring gesê. “Die vragmotor het in die linkerkantste baan gestaan nadat dit onklaar geraak het.”

Die twee tienerseuns is op die toneel dood verklaar.

ʼn Derde persoon, wat ʼn passasier in die motor was, is in ʼn ernstige toestand in ʼn plaaslike hospitaal.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Leonard de Lange ·

‘ñ Ongeluk word nie vooraf beplan nie, was die vragmotor se WAARSKUWINGS-LIGTE aan?

Lynette ·

In 2005 moes alle vragmotors, karavane ens daardie geel weerkaats bande agter en aan kante plak volgens n wet wat uitgekom het. Wat het van daardie wet geword?

SNEL ·

Dis moord, hoe kan jy n onklaar voertuig net so op n pad in n baan met bewegende voertuie los sonder enige noodligte of waarskuwings tekens. Mense kan net doen wat hulle wil en daarmee wegkom. Kyk maar na daai pa wat met sy twee jong seuns in daai oorlaaide bakkie (wat helfde op die pad en helfde op die grond gestaan het) in vasgery het. Is iemand al ooit vir daai voorval opgeskroef? U-draaie word ook links en regs gedoen, hoeveel karre is nie al onderdeur n vragmotor oor onwettige U-draai nie. Sal daar ooit tog weer streng toepassing van wette wees om landsburgers sê veiligheid op paaie te verseker. Hier het onskuldige kinders hulle lewens verloor deur agterlosigheid. Baie sterkte aan die ouers!

carel ·

Snel jy maak snelvinnig n statement?
1) Hoe weet jy die vragmotor se driehoek was nie in die pad opgestel nie ?
2) Hoe weet jy sy ligte of nood ligte was nie aan nie (daar word nie melding gemaak in die berig nie.
3) As die vragmotor onklaar raak kan die drywer hom nie skuif nie – groot vragmotors het lug remme en as die “engine” onklaar raak “bind” die remme (remme kom automaties aan en jy kan nie ry nie).
4) Kyk ook na die “amco barrier” op die foto die oomblik to die vragmotor probleme kry kon hy nie van die pad af trek nie.
5) Alle vrag motors het deesdae geel glim strepe op – ook op agter “under run bumper” soos deur die wet bepaal – al kan ons dit nie op die foto sien nie sien ons dit op die kant so ons moet aanneem dit was daar en al was dit nie daar nie het alle vragmotors cheveron bored wat ver gesien kan word as jou motor se ligte aan is?
6) Ons land se wet bepaal as jy agter in iemand vas ry jy skuldig is?

Winston ·

Kan geen afleiding maak met die gegewe inligting nie. Ondersoek sal dit blootlê as daar ondersoek gedoen word. Sterkte vir die naasbestaandes

chrisna ·

Ek Wed almal, dat green waarskuwings driehoeke uitgesorteer was nie. Ongelukkig het ons n regarding wat nie wedstoepassing as priorities sien nie.

Fransie ·

Alles wat julle se is waar, MAAR, let wel – die motor het die vragmotor met ‘n hoe snelheid getref – mense dit is ‘n reguit snelweg met ‘n paar bane. As jy in jou spoed bly sal jy wel betyds die onklaar voertuig sien en betyds kan oorgaan na die regterkantse baan maar nee, ek jaag liewer en kom nooit aan die ander kant uit nie. Hou maar die nuus dop en kyk hoe baie noodlottige ongelukke gebeur op daardie pad en elke liewe keer is dit oor spoed.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Fransie, dis onnodig en AF….op n 100km/h teen n stilstaande voorwerp is n hoe snelheid. Die familie her beslis nie sulke kommentaar nodig nie

Asjas ·

Weet iemand die ouderdomme van die tieners asb? Dit is baie tragies wat gebeur het.

Elizabeth ·

Ongelukig sien mens al hoe minder nood bane op ons paaie. Party van ons hoof paaie het drie lane vir voertuie en een vir taxis. As daar n ongeluk is moet die ambulans van die anderkant af kom en die mense oor die middleman kom behandel. Miskien was die trok se waarskuwings tekens nie uitgesit nie, maar laat daar eers n ondersoek gedoen word. Sterkte aan die familie.

Francois ·

Hierdie twee tieners, is hulle 11 jaar oud, of 19 jaar oud? Dit kan sal die opskrif verduidellik.

Jelte ·

En dadelik besluit julle dis die vragmotor se skuld! Volgens die foto wat ek sien is daar n versperring op die pad se rand so hy kon nie verder aftrek nie en ek het nog nie die ou ontmoet wat man alleen daai trok uit die pad kan stoot nie. Oor die noodligte gaan ek my nie uitlaat nie want ek was nie daar nie maar ek glo hy het wel geel weerkaats band op aangesien dit vir my na n redelike nuwe sleepwa lyk en hy het van daai band op die kant. Een van my voertuie was in die linkerkantste draaibaan besig om in te draai by n motorhawe toe n motor van agter af onder hom ingery het en sy ligte en flikkerligte het gewerk en hy het die geel weerkaats band op. So nou wil julle se dis ook sy skuld want hy het nie sy driehoeke uitgesit nie?! Maak eers seker van feite voor aannames gemaak word

Peet Schabort ·

Kyk by ‘roadsafety.co.za’ waar daar ‘n baie beter foto is.
Die vragmotor het ‘n chevronteken aan die agterkant.
Dit sal uiters nalatig wees van die owerhede indien daar nie ‘n noodlaan is om stil te hou.

magriet ·

simpatie aan die families. hoop die kinders se lisensies ens was in orde.

Karina ·

Is ek die enigste een wat die ” motor het teen ‘n Hoë snelheid die vragmotor getref” raak lees????? Dalk sou hulle die ongeluk kon vermy as hul nie so vinnig gery het nie.

Charmaine ·

600 meter, effens afdraende, maar reguit pad. Dit is hoe ver hulle gehad het om die trok te sien. Ongelukkig is die noodbaan nie breed genoeg nie. Ek het die plek vandag gesien. Wonder net hoe jonk hierdie twee tieners was. Baie jammer vir hulle familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.