Tieners vas vir verkragting by hoërskool

Argieffoto

Argieffoto

Drie tienerseuns is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ʼn 15-jarige meisie by ʼn hoërskool in Steenberg in die Wes-Kaap verkrag het.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die beweerde verkragting het op 27 Mei plaasgevind. Die seuns is 17 en 18 jaar oud en in graad 12. Die slagoffer is in graad 9.

Die seuns is kort ná die voorval in hegtenis geneem en het op 2 en 3 Junie in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding. Die saak is uitgestel vir hul formele borgtogaansoek, wat binnekort aangehoor sal word. Hulle bly intussen in aanhouding.

Die meisie ontvang slagofferondersteuning van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vissie ·

Steenberg behoort beter aangedui word as synde in die suidelike Kaapse Skliereiland. Om te sê dis in die Wes-Kaap, sal min mense laat weet waar dit is.

Jana ·

Waar gaan ons land heen. Jy het nooot in die ou dae toe daar nog dissepliene was gehoor van verkragting by n skool nie. Al ons mens waardes is besig om tot niet te gaan met die ANC wat ons land regeer.

Vra Gillian Schutte ·

Vra vir aktivis Gillian Schutte, almal is verkeerd, net die 3 jong manne word op neergesien dit wat hul gedoen het is mos nie so nie of hoe Gillian, antwoord die nasie hoe los ons die probleem op? Verkragting is mos nie in jou boeke realiteit!

Willie ·

Maklik vat die sosiale media goed weg, bring verbetering skole terug… Hierdie slim fone, tablete ents gee kinders toegang tot als wat verkeerd is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.