Tieners vas wat glo 10-jarige skiet

Argieffoto

Drie tieners sal na verwagting Maandag in die Estcourt-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag dat hulle ʼn 10-jarige meisie geskiet en haar selfoon gesteel het.

Die drie verdagtes, tussen 17 en 19 jaar oud, het glo die meisie verlede Donderdagaand in Wembezi naby Estcourt oorval. Volgens die polisie is hulle tydens hul inhegtenisneming met die meisie se selfoon betrap.

“Die meisie het omstreeks 19:45 van ʼn winkel teruggekeer huis toe, toe sy oorval is,” het die KwaZulu-Natalse polisie in ʼn verklaring gesê. “Sy is geskiet en het ʼn besering aan haar regterarm opgedoen. Haar selfoon is gesteel en die verdagtes het ná die voorval gevlug.”

Die meisie is na ʼn plaaslike kliniek geneem waar sy behandeling ontvang het. Die verdagtes is kort daarna aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Rina ·

Skaars uit die doeke en hulle pleeg n misdaad ….. ……. arme ouers …. arme meisiekind

Ongedissiplineerd ·

Dis kinders wat nooit gedissiplineer is in die huis nie wat sulke goed doen. Hulle kort ‘n goeie pak slae.

Frank ·

Sit hulle lewenslank in die tronk, maar moet hulle ASB net nie pakslae gee nie.

AmY ·

Ja-nee, pakslae leer mens mos geweld…
Mag jy nog jou kinders hok?

hercu ·

“Dom mense sweep maklik ’n groep op. Wyse mense weet hoe om die woede te laat bedaar. Dis nie die moeite werd om met ’n dom mens te argumenteer nie. Hy lag jou net uit. Daar kom nie rus nie. Mense wat ander graag seermaak, hou niks van gelowiges nie. Vir hulle wat die Here ken, is die lewe wonderlik. ’n Dom mens verloor oral en altyd sy humeur. ’n Wyse beheer homself.

As die land se president oneerlik is, is die staatsdiens kort voor lank korrup. Tug en dissipline help ’n kind om reg te leef. Die kind wat aan homself oorgelaat word, is ’n skandemaker. Wanneer slegte mense regeer, heers wanorde en korrupsie. Gelowiges weet dat so ’n regering tot ’n val sal kom” – Spreuke 29:8‭-‬12‭, ‬15‭-‬16 DB

Boervrou ·

19:45 in die aand en sy is 10 jaar oud!Waar is die ouers.??

Madelein ·

Boervrou … ek het presies dieselfde gedink. Geen manier dat ek my kind selfs alleen in die dag in die strate sal laat loop op daardie ouderdom nie.

Natalene Visser ·

Hercu, baie dankie. Daar is geen beter beskrywing van enigiets in ons lewe, wat die Bybel nie vir ons kan antwoord nie.

Bekommerd ·

Amen, Hercu. Mag hierdie regering gou tot ‘n val kom en ‘n beter regering oorneem, wat waardes, standaarde, dissipline, etiek en regverdigheid aan die dag kan lê.

Spook op thaba ·

@Hercu. Dankie. Beter kon dit nie gestel word nie.

Karnallie ·

Praat tog met die stouterds! Sulke kattekwaad is mos nie aanvaarbaar nie, sy kon seergekry het! Moet hulle net nie lyfstraf gee nie, dis teen die wet en sal hul regte skend! Vra sommer een van die aktiviste teen lyfstraf om met hulle te praat, hulle sal weet hoe om die stouterds reg op te voed sodat hulle hierdie kattekwaad sal los.

My Stem ·

Dit is maar die begin van n wettelose geslag met geen disipline of respek vir n ander lewende wese nie.

My Stem ·

Netso Karnallie! Laat daar tog mooi vir hul verduidelik word dat mens eers mooi moet vra vir n ander se besittings en nie sommer moet skiet nie!

Gemaskerde Sopbeen ·

Dagga wettig, lyfstraf onwettig. End of days…..

Julie Jansen van Rensburg ·

Ag,FOEI-tog – die mammies en pappies mag mos nie hulle stout telge ‘n afgedankste loesing gee nie – en dit is die oorsaak dat hulle nou tjoekie toe sal moet gaan en daar alles van dwelms, diefstal, verkragting, ens gaan leer – dis mos die “lewensoriëntering wt vandag inskole geleer word… ja, ek IS sarkasites, met rede… nee-kyk… wat is volgende? Dat ek nie eers my stout hond met ‘n stukkie opgerolde koerant mag dissiplineer nie??? Arrie-nee…

Elsabie ·

Wie by sy positiewe stuur anyway ‘n kind van 10 daardie tyd van die nag na ‘n winkel? Of laat hul toe om self te loop?? Nee regtig!

Mel ·

As die ouers in die trunk moet sit oor n snotklap of twee op ongeskikte tel. Wie kyk na die telg? Die staat? Wie is die staat? Onbevoegde korrupte kamerade…ai tog.

Renee ·

Ja nee die anc kweek kriminele. Nie pakslae nie gaan………. Of jy betaal onderhoud en jy sal betaal glo my

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.