Tieners vas wat glo met speelgoedgeweer wou roof

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Twee tieners is in hegtenis geneem nadat hulle Donderdag glo ʼn winkel in Zola, Soweto met ʼn speelgoedgeweertjie wou beroof.

“Die twee het glo die speelgoedgeweer op die eienaar gerig,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het ʼn onbekende bedrag geld, lugtydkoepons en sigarette gebuit.”

Die polisie het intussen by die toneel opgedaag en ontdek dit is slegs ʼn speelding.

Hulle is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dave ·

‘n ‘Speelgoedgeweertjie’? Waarom vertoon julle dan die foto van ‘n ‘speelgoedpistooltjie?
Was dit ‘n speelgoedgeweer of speelgoedpistool gewees, Suné? Groot verskil in grootte, weet jy!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.