Tienerseun (16) hoor oor borgtog ná beweerde moord

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 16-jarige seun van Fauresmith in die Vrystaat wat verdink word van die moord op ʼn 21-jarige man, is Dinsdagmiddag op borgtog van R500 vrygelaat.

Sers. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, sê die 16-jarige het glo op 30 September vir Mpho Pholwana (21) vermoor.

Volgens Mpakane het Pholwana, wat glo dwelms gesmous het, na die verdagte se huis gegaan om geld te eis wat die 16-jarige nog aan hom geskuld het. Daar het glo ʼn rusie tussen die mans ontstaan, waarna die 16-jarige vir Mpakane met ʼn mes in die nek gesteek het. Hy is op slag dood.

“Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en het dieselfde dag nog voor die hof verskyn. Hy is toe na Bloemfontein verplaas. Hy het weer op 2 en 3 Oktober in die hof verskyn en is Dinsdag op borgtog vrygelaat met die voorwaarde dat hy by sy tannie in Koffiefontein gaan bly,” het Mpakane  gesê.

ʼn Saak van moord word deur die Fauresmith-polisie ondersoek. Die seun sal weer op 14 November voor die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Asmain ·

Red n volk…n 16 jarige dwelmsmous/addict /moordenaar…waar gaan by op 21 sees?

Frikkie (Nie pienk) ·

Met ‘n mes in die nek gesteek en dan is hy op slag dood?? Hy het hom dood gebloei en dit neem ‘n rukkie.

Boet Fasie ·

Moord en hy gaan borg kry , was hy wit, het hy geen borg gekry nie want dan is hy ‘n gevaar vir die samelewing…

Cor ·

Steek een met n mes dood en hy is uit op R500 borg wat n grap . Hoe werk die stelsel 2 het nie moord gepleeg nie net iemand gedreig en kan nie borg kry nie, ander is uit op R100k borg vir moord op sy vrou en een vir R50 k . Lyk my dit hang af hoe n Landros / Regter voel die oggend as hy opstaan en werk toe gaan of hoe die skare buite die hof voel oor sekere situasies. Die piesang republiek van wilde weste SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.