Tienerseun bely hy het sy ma vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 14-jarige seun van Waterworks informele nedersetting in Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma verwurg het, het die Saturday Star berig.

Die seun het Donderdagaand voor sy tannie erken wat hy gedoen het.

Die vrou sê die seun het die aand omstreeks 22:00 by haar huis opgedaag en vertel wat gebeur het. Sy bly glo 10 km van die seun se huis af. Hy het glo aan sy tannie erken hy het sy ma verwurg en toe hy weg is by die huis, het sy nie meer asem gehaal nie.

Die ma was glo op soek na ʼn pienk hoed en het die seun daaroor uitgevra. “Hy sê sy ma het hom daarna met ʼn stok begin slaan en hy het die houe probeer keer,” het die tannie verduidelik. “Daarna het sy glo water uit die ketel oor hom gegooi en hom met ʼn baksteen probeer slaan. Hy het gesê hy het haar toe op die grond vasgedruk en gewurg.”

Volgens die koerant is die tannie die volgende oggend na die seun se huis waar sy die vrou dood aangetref het. Sy het die polisie ontbied.

Die seun word vir brandwonde in die hospitaal behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

Wat noem mens so n ma!! Sy doen dit seker al jare, net nou was die kind groot genoeg om homself te verdedig. Dis selfverdediging nie moord nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.