Tienerseun gedurende huisroof doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Tienerseun (13) van Mpumalanga is vandeesweek deur rowers in sy ouerhuis doodgeskiet terwyl sy ma nagskof by ’n myn gewerk het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die tiener is Dinsdag in die vroeë oggendure doodgeskiet toe twee rowers by sy ouerhuis in Klarinet naby eMalahleni (Witbank) ingebreek het. Die rowers het waarskynlik nie besef die seun is tuis nie.

Volgens Hlathi het die seun moontlik van ’n geraas wakker geword waarna hy opgemerk het dat daar iemand in die huis is. Die seun het homself toe in ’n kamer in die huis toegesluit waarna hy om hulp geskree het.

Die gegil het die rowers se aandag getrek en hulle is na die kamer waar hulle die kamerdeur afgebreek en die tiener versmoor het, het Hlathi gesê.

Volgens Hlathi het een van die verdagtes ’n skoot op die bewustelose tiener afgevuur voordat hy en sy makker met ’n televisiestel op die vlug geslaan het.

Die bure het die seun se noodkrete en die skoot gehoor en hulp ontbied. Die seun is egter deur die owerhede op die toneel dood verklaar.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkte veroordeel.

“Hierdie verdagtes kan slegs beskou word as lafaards wat  ’n onskuldige en weerlose kind as prooi gesien het nadat hulle hom versmoor en hy reeds roerloos gelê het,” het Zuma gesê.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof en moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Corne123 ·

GPF mag nie patroleer nie die minister mos gese hulle sal als kan doen want niemand ag beweeg nie.Mnr die minister hoekom gebeur dit nogsteeds? Tiepies SA hier is elkeen vir homself en moet jy na jouself omsien vir jou eie veilighied

Catantho ·

Seker misdaad eis nog steeds meer lewens as Covid. RIP jong man.

Fedup ·

It is such a sad loss for any parent. Money can never ever bring a loved one back. But, i truly hope those parents sue the hell out of this government and the mad hatter. This is extremely unacceptable that these things get away with these horrendous acts.

Megan Swart ·

Dagsê Krewzer
Dit word inderdaad met ‘n ‘K’ gespel. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis.
Megan
nms Maroela Media

Jacobus ·

As jy so tussen die lyne lees is dit net ‘n vorm van geleentheid en werkskepping,

Andre ·

Aandklokreel geld net skynbaar vir sekere mense, hulle moet mos maklik opgetel te word as hul op straat is, maar o ja, daar was geen patrollies nie….wat help die aanklokreel dan nou?

Gemaskerde Sopbeen ·

Die wat moet patrolleer is dalk ook besig om deel te neem aan die aandklok reël.

Genis ·

Skelms en diewe loop vry rond, en ons is op lockdown… Dit is eindelik nou die ideale tyd gewees, om telling van mense te doen, en ook sommer skelms te soek…

capie ·

Sterkte aan die ouers.

Wat ek nog wil sê kan nie gepubliseer word nie.

Porseleintjie ·

Na vele sulke gevalle lees ek dat die ‘voorval word ten sterkste veroordeel’. Daarmee is die hele ondersoek en saak dus afgehandel.

Magda ·

Afsondering – wonder net wie word regtig afgesonder en waarvoor is dit, want die Covid 19 neem daagliks met 100de toe, en die misdaad en moorde is net soveel soos voor die afsondering. So rampie waarvoor is die Lockdown nou. Sover is die duidelik 1 GROOT MISLUKKING. KORRUPSIE MET DIE FONDSE / KORRUPSIE MET DIE VOEDSEL UIDELING/ EN DIE MENSE LOOP SONDER MASKERS N KLOMO BYMEKAAR / EN MISDAAD NOG NET SO ERG. Jy mag nie tussen 20h00 en 5h00 buite wees nie maar ——————————————

Karin ·

Dankie minister. Hoe slaap jy in die aande terwyl onskuldige landsburgers se lewens op die spel is. Jammer vir die ouers wat hul kosbaarse geskenk van Ons Hemelse Vader so moes verloor. Hou jul as gesin in gebed.

Lorna ·

Omw die wereld is saam virus mal geword
Hul glo seker die virus sal hul nie vang nie
Genugtig n Jong kind se lewe neem
En dis nou nie asof hul n TV kan eet nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.