Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die seun is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis op elk van die moordaanklagte. Hy is ook tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir diefstal. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word wat beteken die seun moet effektiewelik 12 jaar tronkstraf uitdien.
Will (69) en Anje (66) se liggame is op 28 Maart 2014 op hul plaas Merebank in Lephalale (Ellisras) deur die polisie aangetref nadat familielede nie met hulle in verbinding kon tree nie. Hulle liggame was glo reeds in ʼn gevorderde stadium van ontbinding.
Die seun is ʼn week later by sy voog se huis in Mosselbaai in die Wes-Kaap in hegtenis geneem. Die seun is na bewering ʼn familielid van die egpaar.
‘n Totaal onvanpaste straf – hy’s uit na 6 jaar. Twee mense hulle oor hom ontverm het, het hy koud en kil vermoor.
Wat vir ‘n vonnis is dit en nogal vir dubbele moord. Jonk genoeg om vroeg uit tronk te kom en voort te gaan. Die wette is ‘n joke. As dit diefstal was het hy langer gesit.
Jy is reg PJ. Vee diefstal kry jou 80 jaar tronkstraf. Belaglik regtig!
Mense moet besef as die regering mense te lank vonnis verloor die regering baie inkomste en uitgawes.
Hy sal nooit weer by die samelewing aan pas nie. Hoekom bring die land nie die doodstraf terug nie? Dit kos die staat net geld om vir hom in die tronk te sorg. Waar kom die staat se geld vandaan? Van die publiek. Maar die spreekwoord sê: Dis eers tronk toe dan parlament toe.. Lewe darem maar onregverdig