Tienerseun glo oor klere vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienerseun is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo Saterdagmiddag sy 17-jarige vriend met ʼn mes doodgesteek het.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 16-jarige seun, ʼn graad 10-leerder aan ʼn hoërskool in Thabong in die Vrystaat, het homself Maandagoggend aan die polisie oorgegee.

Die oorledene, Mpho Theo Musi, het na bewering omstreeks 16:00 Saterdag na die verdagte se huis gegaan om ʼn pet te gaan haal wat sy vriend by hom geleen het. ʼn Bakleiery oor klere het tussen die twee seuns ontstaan en die verdagte het Musi met ʼn mes in sy bors gesteek. Die verdagte het te voet gevlug en Musi is op die toneel dood.

“Die verdagte is van moord aangekla en in die sorg van sy ouma vrygelaat aangesien hy ʼn minderjarige is,” het Mokhuoane gesê. Hy sal Woensdag in die Welkom-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mielie ·

Dis gruwelik -Sy vriend en dit oor klere. My opinie is dat die oumas nie die kinders kan beheer en dissiplineer nie. Hulle kry nie die opvoeding Wat ons almal geregtig is op nie en hulle is onbeheerbaar. Hoe maklik is dit vir mense om n mes te vat en iemand te steek. Dis iets Wat hierdie regering na moet kyk, hulle moet baie ag slaan op opvoeding van die jeug, dis Barbaars en onaanvaarbaar

charlene ·

Ek is seker as die ouma die reg gehad het om daai kinder/s pak te gee het het beter maniere gehad… of wag dis nie die ouma se werk om die kinders groot te maak nie! Ek sien hoe swaar kry ons bediende omdat haar dogters net kinders maak en dan net dump. Ek hoop hy word as `n volwasse verhoor en nie `n kind nie want almal dink hulle kan moor en alles. As jy 16 is mag jy rondslaap, kinders maak en kry, steel roof moor rook ens, maar jy word as `n kind verhoor. Nice!! Ek hoop die ouma laat hom weer toesluit sy verdien glad nie die stress nie.

Daniélle ·

Minderjarige? Ek persoonlik voel dat indien die beskuldigde volwasse genoeg is om ‘n moord te kan pleeg, kan hy/sy onder die normale wette tereg staan.

Karma ·

Jaaa …… en agter dit alles sit die sogenaamde South African Social Agency “grants” (SASSA) – oftewel ‘maatskaplike pensioene (ek het ‘n ander naam hiervoor, maar Maroela sal nie my pos plaas as ek dit gebruik nie). Hierdie wanbesteding van belastinggelde is die rede waarom soveel 16-jarige kinders kinders het, wat weer oor 14 jaar ook kinders het. Sodra daai “dêng” hulle begin pla, begin hulle daarmee speel en die resultaat is 9 maande later ‘n baba. En daai baba word deur die belastingbetaler versorg. “Ouma” kyk na die kind(ers) – kry pleegsorg-geld EN die Ma kry kindertoelae. Neem 1 “Go-go”, met vier meisiekinders wat op hul beurt weer 3 kinders hulself het: die “Gô-go” kry ‘papgeld’ vir elkeen van daardie 3 meisies: R1 140.00 + R11 760.00 = R112 900.00/maand, waarvoor geeneen hul vinger gelig het nie. Plus natuurlik nog “Gô-gô” se eie staatspensioen van R1510.00 … die land van melk en heuning!

Karma ·

My berekeninge was effe verkeerd:

4 x tienerdogters (Gô-Gô kry ‘papgeld’ van R410.00 vir elkeen tot hul 18 is): R1 640.00
12 x kleinkinders (Gô-Gô kry pleegsorggeld vir elkeen tot hul 18 is): R11 760.00
1 x senior staatspensioen vir Gô-Gô haarself: R1 510.00

Totaal: RR14 910.00 per maand … Mahala, gratis, free, pasella ….. Don’t worry (work) – be happy!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.