Tienerseun in hof na moord op egpaar

Will en Anje Kiesling. Foto: Facebook

Will en Anje Kiesling. Foto: Facebook

ʼn Tienerseun het Maandag in die Mokopane-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die plaasmoord op die egpaar Will en Anje Kiesling.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 5 Junie uitgestel. Sy sê die seun het tydens sy vorige hofverskyning besluit om nie om borgtog aansoek te doen nie. Hy word in ‘n plek van veiligheid gehou.

Will (69) en Anje (66) se liggame is op 28 Maart op hul plaas Merebank in Lephalale (Ellisras) opgespoor nadat familielede nie met hulle in verbinding kon tree nie. Hulle liggame was glo reeds in ʼn gevorderde stadium van ontbinding.

Die 16-jarige is ‘n week later by sy voog se huis in Mosselbaai in die Wes-Kaap aangekeer. Hy het aan die einde van Maart in die Mosselbaai-landdroshof verskyn, maar die saak is na Mokopane oorgeplaas.

Die seun is na bewering ʼn familielid van die egpaar. -SAPA

Lees ook:
Tiener in hof oor familielede se plaasmoord
Plaasmoord: 16-jarige vas vir moord op egpaar
Plaasmoord: Man en vrou dood aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Wat is dit met vandag se tieners? Het die duiwel in hulle ingevaar?

Genade, toe ek ‘n tiener was het ek my ouers EN onderwysers EN meedere gerespekteer.

Om hulle te vermoor of aan te val, het nooit eens vir een dag by my opgekom nie.

En glo my, ek het by ‘monsters’ klas gekry. Onderwysers wat my lewe ‘hel gemaak het’.

Tog wou ek hulle nooit dood hê nie. Ek het hulle nie eens doodgewens nie.

O ja, so terloops: Ek om uit ‘n gebroke huis. Het selfs nie eens dit as verskoning gebruik om my te wangedra nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.