Tienerseun in hof oor diefstal op NW-plaas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 17-jarige tiener verskyn na verwagting Maandag in die Vryburg-landdroshof in verband met diefstal op twee plase in Piet Plessis naby Stella, Noordwes.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die tiener het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van die diefstal en besit van gesteelde goedere, maar die saak is uitgestel tot Maandag sodat hy deur maatskaplike werkers geassesseer kan word.

Hy is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo by twee plase ingebreek het.

“As deel van die ondersoek het spore van die plaas af die polisie, boere en plaaswerkers gelei na ʼn beboste deel waar ʼn verdere soektog gedoen is. Hulle het die verdagte aangetref en hy was in besit van twee skootrekenaars, ʼn DVD-speler, verskeie patrone en ʼn mes. Hy is in hegtenis geneem,” het Makau bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johanna Botha ·

Asb boere oorweeg beams om die huis wat julle vroegtydig kan waarsku as daar iets is en n alarm sisteem wat vir jou n sms kan stuur as daar iets vermoedelik aangaan …die stelsels is al BAIE gevordered dat mens dit selfs van jou slimfoon kan beheer… en hou pepperspay in jou kar en op strategiese plekke in die huis …en sit n staalhek voor jou kamerdeur …dit alles kan help om jou te beveilig ASB !

Jannie ·

Verskeie patrone? Om wat mee te maak. En n mes? Op twee plase? As die boere daar was was dit plaasmoorde of aanvalle. 17jr oud en klaar n krimeneel.

Nuwe SA ·

17 jaar ou. Beteken dat hy in die nuwe SA gebore is. Beteken dat hy reeds vanaf Graad R in ‘n gewone skool kon wees. Dit beteken dat hy nou in matriek moet wees. Wat soek hy daar?. Plaas dat hy leer. Matriek is nie ‘n grap nie. Hy gaan sekerlik volgende jaar apartheid pleit as hulle hom vir sy matriek sertifikaat vra….

Jade ·

Hys nou weer ‘n minderjarige en gaan absoluut niks oorkom nie, al was hy dalk ‘n voorganger vir die volwassenes. Hy sal in die ‘sorg van sy ouers’ vrygelaat word, om net aan te gaan met sy diefstal. SA se regstelsel verbaas my glad nie meer nie.

Scalla ·

Hy kan bly wees hy is nie as n bosvark gesien nie, wat soek die minderjarige daar.

Jean ·

Hy sal niks oorkom nie, hy gaan in die toesig van sy ouers vrygelaat word. Gewoonlik gebruik diefstal sindikate minderjariges om die vuilwerk vir hulle te doen, omdat die straf ligter is.

Ek twyfel ·

Ek twyfel of sy straf ligter gaan wees. Gee kans tot sy ‘instrukteurs’ hom in die hande kry. Wat ‘n skande om nou alreeds gevang te word terwyl hy nog in opleiding is!!

Eugene ·

En as n jagter hom nou perongeluk as n ongewenste ondier aangesien het , dan is hy weer borgtog geweier.

Isabel ·

Paar jaar gelede hier in Durban was my oorlede man amper met ‘n skerp gemaakte saaglem vermoor. ‘n Indier het met sy kombi gery en vir die ‘jeugdiges’ geskree hy sal skiet as hul my man nie laat gaan nie. Hulle het gelag en nie eens weggehardloop nie net stadig weg geloop. By die polisie stasie het hulle v my man gese hulle kan niks doen nie want hulle is ‘minderjariges’.

Percy ·

Ooo goodness, hys oud genoeg om te steel…maar moet nou deur n maatskaplike werker “geasseer”word!

Johann ·

Hy sal nooit in sy lewe graad 12 sien nie, want hy word as misdadiger opgelei, en gaan hy geroskam word oor hy gevang is

Justice ·

`n Woord van advies – daardie maatskaplike werker maar styf aan haar handsak vasklou tydens die onderhoud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.