Tienerseun in hof oor man se skietdood in veld

Leon Keith Vermeulen (40). (Foto: Facebook)

ʼn Sestienjarige seun van Kimberley is in hegtenis geneem vir die moord op Leon Keith Vermeulen wie se liggaam net meer as ʼn week gelede in ʼn veld in die Schmidtsdrift-omgewing in die Noord-Kaap aangetref is.

Vermeulen (40), van Carters Glen in Kimberley, het glo ʼn enkele skietwond aan die kop gehad.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê ʼn verbyganger wat in die gebied na sy skape gaan omsien het, het op 28 Maart op Vermeulen se liggaam afgekom.

Die gevolglike polisieondersoek het Dinsdag tot die seun se inhegtenisneming in Douglas gelei.

Hy het Donderdag in die landdroshof op die dorp verskyn waar hy op borgtog van R500 vrygelaat is.

Die Campbell-polisie se ondersoek na Vermeulen se moord duur intussen voort.

  • Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Algene Power by 082 448 5972 bel.

Charlene Croucamp en Leon Keith Vermeulen. (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Peetjie ·

Dis belaglik…en as hulle dink hy gaan weer vrywilliglik in die hof verskyn maak hulle n groot fout….hy is w.e.g…

Nie Verbaas ·

Die moord verdagte word op R500 borg vrygelaat? Regslui gebruik nie meer gesonde denke nie. Seker maar vir die ANC kader regter nie n ernstige misdaad nie.

Adri ·

Daarvan kan ‘n mens sekere dinge van die aangeklaagde aflei …

ES ·

Ongelukkig, omdat hy nie ‘n inkomste verdien nie, moet die hof die minimum bedrag vir borg toestaan.

Persheks Adri ·

Is dit wat iemand se lewe werd is? Skamele R500? Ek glo dit nie regtig

Buks ·

Geen mens kan verstaan hoekom so iets gebeur nie. Liggaam in die veld gekry? Seun later gearressteer? Dui op doelbewuste optrede? R500 borg???? Gaan seker daaroor dat die minderjarige is……

Illa ·

Ek wens hulle wil ophou verwys na jong mense wat moor as kinders / seuns – as hy kan moor is daar absoluut niks kind aan hom nie!!
R500 vir ‘n lewe. Belaglik!!

Tiptol ·

Hy is nie ‘n tienerseun nie, hy is ‘n moordenaar. Borg moet nie eers toegestaan word nie.

Blikkies ·

Ja, ek weet nie meer hoe werk hierdie Criminal Justice system van ons nie. Skande.

Johann ·

Hoeveel disrespek KAN n “hof” vir lewe hê? N absolute bespotting. R500????????

Louise ·

Balaglik R500 borg vir n lewe.
Wonder maar net of hy alleen opgetree het.

Abie ·

Abie

Die borg bedrag wat die hof vastel het niks te doen met die erns van die misdaad nie en ook nie met die “waarde van die lewe” van die moordslagoffer nie.

katerinadiekat ·

Wat irrasioneel oor hierdie is, is dat n moordenaar in die eerste plek borg kry. Die bedrag is irrelevant. Die irrasionele ding is om borg aan n moordenaar toe te staan.

Thom ·

As daar nie ‘n vlug-risiko is nie is hy geregtig op borg en hy is nog nie ” n moordenaar ” nie maar ‘n verdagte of ‘n beskuldigde . Het jy hom reeds klaar verhoor ? Klink so .

Chris ·

Ek was nie by toe die gebeure plaasgevind het nie. Daar is verskeie opsies wat daar gebeur het. Ek het een keer in my lewe gaan jag. Tydens die uitstappie was daar 14 mans en dubbel soveel gewere. Dit was die eerste en laaste keer. Wanneer ek deesdae gaan jag, wat maar min is, is daar net een geweer, en in my hande. Nie meer as drie persone nie. Geen drank word saamgedra nie. Ek is eerder bang Jan as dooie Jan.

Realis Thailand ·

Ek weet nie waar die mense aan hulle kennis van die reg kom
Wat is verkeerd met R500 borg,kan hom waarsku vir hof
Borg word net daar gestel om te verseker die persoon woon sy hofsaak by en nie om hom te straf met hoe borg om aan te hou nie
Die hof moet die persoon straf as hy skuldig bevind word
Die voorsittende beampte moet ook kyk na of die verdagte/besk n gevaar vir die samelewing inhou of nie
Ek weet persoonlik van n geval waar n man ter dood veroordeel is en toe borg gekry het tot sy appel saak en na sy appel verwerp is is hy eers na die dodeselle in Pretoria geneem
Wens die mense wil ophou onkunde aangaande borg so ten toon stel

Thea ·

Skamele R500!!! Hoe belaglik is dit nie. Tweede keer in twee dae wat ek lees dat iemand wat van moord aangekla word vir ‘n baie klein bedraggie, soos hierdie, vrygelaat word!! Waar gaan dit stop? !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.