Tienerseun, jong man in see vermis

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Tienerseun (17) en ʼn jong man (22) word sedert vanoggend in die see aan die kus naby Valsbaai in die Wes-Kaap vermis.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê lede van die NSRI Strandfontein is omstreeks 10:53 na ’n strand aan die Valsbaai-kuslyn naby Kaapstad ontbied waar twee mense vermoedelik deur seestrome meegesleur is.

’n Soekgeselskap wat uit onder meer die NSRI, nooddienswerkers, die polisie se duikeenheid asook die Stad Kaapstad se lewensredders bestaan, het deur die loop van die dag onverpoos na die twee gesoek.

Volgens Lambinon is die tiener van Delft. Die man is vermoedelik van Port Elizabeth en het by vriende in Delft gekuier ten tyde van die voorval.

Daar is in die stadium steeds geen teken van die tienerseun en jong man nie. Die polisie se duikeenheid se soektog na die vermistes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Angel ·

Dit is bitter hartseer , Mag die ouers vertroosting vind , Ons hoor in die laaste tyd van baie mense wat weg raak in die see,

Michelle ·

Ek vertrou dat God sal help dat die see redding mense hierdie pa en seun sal terug bring na hul geliefdes toe sodat daar net berusting vir hul kan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.