Tienerseun skiet broer dood in jag-fratsongeluk

Barnie Bamberger. Foto: Facebook

Barnie Bamberger. Foto: Facebook

Lees ook:
Jagtragedie: “Boeties was soos ‘n tweeling”
Jagtragedie: Polisie maak aanklagte bekend

ʼn Jaguitstappie op Jeugdag het in ʼn nagmerrie ontaard toe ʼn 17-jarige seun glo in ‘n fratsongeluk sy ouer broer, Barnie Bamberger (22), op hul plaas naby Ottosdal in Noordwes doodgeskiet het.

ʼn Polisiebeampte wat op die toneel was, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die boeties het gaan vlakvarke jag toe die fratsongeluk plaasgevind het. “Die 17-jarige het glo gemik om ʼn vlakvark te skiet, toe die ouer broer voor die geweer ingeloop het,” het die beampte gesê.

Bamberger het ʼn koeëlwond aan sy kop opgedoen en is op slag dood. Volgens die beampte was die tienerseun erg geskok en getraumatiseerd.

ʼn Vriend van die familie het op Facebook gesê die Bamberger-gesin en hul familie is in rou gedompel en het ‘n beroep om mense gedoen om vir hulle te bid.

Die saak is aanvanklik deur die polisie op Ottosdal ondersoek, maar die saak is later na die Wolmaransstad-polisie vir verdere ondersoek oorgeplaas.

Maroela Media wag nog vir terugvoer van die Wolmaransstad-polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

AmY ·

Dis tragies. Ons sal vir julle bid. Veral vir die 17 jarige seun. Hy gaan baie bystand en ondersteuning nodig hê. Baie sterkte aan die familie.

vonk ·

As mense nie regt weet wat aan gaan nie. Sal ek se moet nie its se nie. Dink net as dit jou famielie was en mense se slke goed. Banie my vriend mag jy sag rus. Mag Liewe Jesus runs voor die famielie bring.

Trippie ·

Vonk, baie jammer oor die skielike afsterwe van jou vriend. Ook simpatie en sterkte aan die broer, ouers, en elkeen in wie se lewe hy ‘n rol gespeel het.

Lolla ·

Melissa moet eedEr ni comment as jy sulke gud wil se ni,di mense ht seer dan kom jy met ju snert! Hu ju comment vir ju self of dink voor jy tik!

Nico van Schalkwyk ·

Ai hoe tragies, en kan so maklik gebeur as jy nie altyd konsentreer op absolute veiligheid nie. Probleem is, so een patroon vernietig gewoonlik twee lewens, die persoon wat getref word en die persoon wat die sneller getrek het beide. EK bid dat hy dit sal kan verwerk as die ongeluk wat dit was en homself sal kan vergewe.

Stef ·

Moenie opinies lewe nie as jy nie self weet wat aangaan nie …DANKIE!!!!

Marius ·

Mag die Here elkeen betrokke vertoos en krag gee om die ongeluk te verwerk. Innige meegevoel vir die familie.

Tericia Lange ·

Jaco en Familie woorde het ek nie Baie baie sterkte Bernie was n man 1000 Bid vir jul vir vertroosting

Trudi Botha ·

Kan net se ons is bitter jammer, en ons bid vir die familie.

lilly lubbe ·

Baie sterkte aan julle.dit is baie hartseer en mens nie woorde nie maar barnie jy nou by Liewe Jesus so rus sag en aan jaco seun al my gebede met jou en seun jy moet sterk wees en weet net hy sal altyd by jou wees en aan Jaco en elize om n seun te verloor moet iets verskriklik wees maar hy vooruit gestuur om v julle plekkie te gaan kies in Liewe Jesus se wooning .wees net sterk en weet ons almal bid v julle .

petro ·

Ons dink aan julle almal dit kan glad nie lekker gewees het nie. Mag God in die dag net saam met julle wees en julle Al die krag Gee van bo

alta niemand ·

Ken altwee die broers so liefde vol vir mekaar . Pa en Ma n voorbeeld soos min mense vir hulle gemeenskap . God as beskermer vir hulle huis. As ek moet dink wat die jong Bamberger op sy fboek geplaas het om God te dank vir sy talente in alle sport soorte en waar hy SAs toe was het hy God die eer gegee. Kinders sois hulle is daar min in ons land respek vir ours en mekaar gehaad hulle was sood n tweeling. In die jaar wat ek hulle leer ken het was daar nooit n slegte woord van hulle gese of gehoor. Liefde vol en daar vir mekaar altyd. Barnie het in my straat gebly altud gegroet met n druk en smile op sy gesig. Selfde van klein boet my dogter kyk op ma hom hy was haar hero en is nog steeds. Sy so gehuil en God gevra dat hy net ok moet wees en God Barnie altuyd by sy kleinboet moet hou. Mens weet nooit wanner jy na God gaan baie vra hoekom nou ? Here help die hele Bamberger Famielie asb . Daar is min mense so hulle op ons aarde vou hul toe in U rustigheid Here help kleinboet dr die swaartyd van sy lewe sy ouboet was sy Hero.

Marika Bezuidenhout ·

Liewe Here, wees met almal betrokke in hierdie tragedie, AMEN! Dit breek my hart.

Elna ·

Die gemeenskap van Ottosdal is in rou gedompel almal wat hulle ken is stom geslaan – ons le hierdie familie aan die voete van ons Hemelse Vader neer.

Ane ·

Baie sterkte aan die Bamberger gesin en familie asook vriende, in ons gebede. Barnie ‘n wonderlike mens en n vriend duisend wat Jesus kom haal het. Altyd vriendelik en n pragtige glimlag wanneer hy groet of met geselsies. Ons gaan jou baie mis Barnie. Dit het so skielik en in ‘n oogwink gebeur.

Anoniem ·

Mag die Here berusting bring vir die familie. God se genade sal julle deur help. Vertrou net op Hom en die vrede wat alles te bowe gaan sal oor julle kom.
My innige mee gevoel.

Hannes ·

Wat ‘n tragedie ! Mag die Here julle gemoed sterk hou en elke dag in Sy hande toevou.

Joey Combrinck ·

Baie sterkte aan al die familie en vriende in hierdie hartseer tyd. Mag God julle vertroos en toevou in Sy liefde. Aan al die jongvriende – vou vir die kleinboet toe met deernis en liefde in hierdie vreeslike tyd wat hy nou moet trotseer. Wees daar vir hom, bid vir hom en dra hom asseblief – hy het dit so nodig nou. Sterkte ook vir julle .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.