Tienerseun skok dood

Onwettige elektrisiteitsverbindings (Argieffoto)

Onwettige elektrisiteitsverbindings (Argieffoto)

ʼn Tienerseun het Maandag doodgeskok in Philippi terwyl hy glo ʼn onwettige elektrisiteitsverbinding wou koppel.

Die seun en ʼn vriend het glo bedrading aan ʼn transformator gekoppel in Olieboomstraat in die Jim se Bos- informele nedersetting. Die elektrisiteitstoevoer is onderbreek weens ʼn kortsluiting nadat dit oorlaai het as gevolg van die verskeie onwettige koppelings.

Die slagoffer het glo teen die paal opgeklim om by die transformator uit te kom en doodgeskok toe hy die elektrisiteitstoevoer weer probeer aanskakel het. Paramedici het die seun op die toneel dood verklaar. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Ernest Sonnenberg, burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, het inwoners versoek om weg te bly van elektrisiteitsinfrastruktuur en gesê die seun se dood is een van die tragiese gevolge van onwettige elektrisiteitsverbindings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tina du Toit ·

Ek is nie geweteloos nie, maar hulle wil net nie luister nie. Hulle besef nie die gevaar van elektrisiteit nie en ek hoop nie die ouers het hom gestuur om ondersoek te gaan doen nie, want nou is `n lewe weg.

Anti DA ·

Ek voel ook so maar was nog nooit in sulke armoede gedompel dat ek die wet moes oortee of my lewe in gevaar moes stel nie

Bruno Stef ·

In sommige gevalle agv onwettige koppelings het die voorsieningsowerheid die transformators heeltemal verwyder.Die gevolge is dat “Die Mechanics” soos hulle genoem word die Primere kant van 11duisend volt direk aan die sekondere kant van 400/220 volt koppel en lewendig gemaak het.Dit het veroorsaak dat die behuising dan n ontploffing op hulle bedrading het en 11duisend volt direk op hulle toerusting kry.

Sarie ·

Dis nou die 3de berig van diè aard wat ek die afgelope 2.dae gelees het. Dis TRAGIES! Die ander 2 kinders het net teen die kragpale geleun… Ergste is, diè probleem het gekom om te bly….

Verstaan nie ·

Onthou die vrou wat gese het: this thing lightning we don’t understand it! Wel lyk my hierdie ding elektrisiteit, verstaan ons nog minder!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.