Tienerseun vas oor hy skoolkinders vervoer

bloulig‘n Tienerseun is in hegtenis geneem nadat hy met ‘n onpadwaardige voertuig en sonder ‘n rybewys 14 kinders by skole in Alexandra, Johannesburg wou gaan aflaai.

“Die 17-jarige seun is Dinsdagoggend voorgekeer,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Die voertuig was onpadwaardig en oorlaai en hy het nie ‘n rybewys gehad nie.”

Minnaar sê daar is ook ‘n klein hoeveelheid van die dwelmmiddel nyaope in die seun se besit gevind. Die tiener se pa, wat tans nie in die provinsie is nie, het glo vir sy seun toestemming gegee om met die voertuig te ry.

Minnaar sê die pa sal ook aangekla word, aangesien hy ‘n minderjarige sonder ‘n rybewys toegelaat het om met die voertuig te ry. Die tienerseun sal tereg staan op aanklag van die besit van dwelms en die bestuur van ‘n ongelisensieerde en oorlaaide voertuig. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.