ʼn 14-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriend in Kagiso naby Krugersdorp in Gauteng vermoor het.
“Die tiener het glo ʼn 16-jarige seun Woensdagaand omstreeks 19:20 met ʼn skerp voorwerp doodgesteek,” het ao Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die twee tieners het glo baklei toe die verdagte die slagoffer aangeval het.”
Die polisie het die seun opgespoor en hom in hegtenis geneem. Hy word by ʼn jeugrehabilitasiesentrum aangehou.