Tienerseun vasgetrek ná hy vrou glo beroof

Argieffoto

Die gemeenskap van Wesselsbron in die Vrystaat het vandeesweek gehelp om ʼn tienerseun vas te trek nadat hy na bewering ʼn inwoner van die dorp met ʼn mes aangehou, vasgebind en beroof het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun het glo omstreeks 12:00 Woensdag ʼn 28-jarige vrou in haar huis oorval. “Hy het haar met ʼn mes gedreig en geëis dat sy vir hom flieks op ʼn geheuestokkie aflaai,” het Thakeng gesê.

Die rower het daarna kontant geëis en die vrou het R300 aan hom oorhandig. Hy het ook drie selfone, twee skootrekenaars en ʼn sak vol klere by die vrou geroof. Die boosdoener het die vrou se hande en voete met ʼn belt en elektriese koord vasgebind voordat hy op die vlug geslaan het.

Volgens Thakeng kon die vrou daarin slaag om haarself los te wikkel en het sy haar bure genader vir hulp. “Hulle het inligting opgevolg wat hulle na ʼn ryloopplek in Odendaalsrus gelei het. Daar het hulle ʼn 17-jarige seun gevind en hom aan die Wesselsbron-polisie oorhandig. Die gesteelde goedere is ook teruggevind.”

Genl.maj. Lerato Molale, bevelvoerder van die Welkom-polisiegroepering, het die gemeenskap bedank vir die rol wat hulle gespeel het om die verdagte vas te trek. “Ek het groot waardering vir die gemeenskap van Wesselsbron wat die inhegtenisneming uitgevoer en die reg sy gang laat gaan het eerder as wat hulle eie reg gebruik het. Hierdie soort samewerking doen baie om te verseker dat daar doeltreffend met misdadigers afgereken word,” het Molale gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hennie ·

Vroeg reeds ‘n loopbaan misdadiger. Hoe anders waar ‘n paradys doorvoor geskep word.

Boy van die Suburbs ·

Net so Hennie! Hands on opleiding in Gangsters Paradise!

Avra ·

Slaan die klein blikskottel se boude aan die brand en daarna 7 jaar gemeenskapsdiens.

IK ·

Ja, lyfstraf en laat hom los. Nou gaan hy egter tronkstraf uitdien waar hy nog beter geskool sal word oor waar hy foute gemaak het om gevang te word. Kos, slaapplek, veiligheid is alles gewaarborg tesame met misdaadopleiding ook vir mahala.

Oujongvrou ·

Jare terug het ons kinders onder 18 jr lyfstraf gevonnis. Die tronkbewaarder het dan die odiige gedoen. Nooit ooit het ons hulle terug in beskuldigde bank gekry nie. Toe dit afgeskaf is het ons hulle aanhoudend teruggekry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.