Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die NSRI se Strandfontein-bemanning is omstreeks 17:10 na die strand ontbied. Twee vaartuie, reddingswemmers sowel as ʼn helikopter was op die toneel.
“’n Soektog is onmiddellik van stapel gestuur na ʼn 17-jarige seun wat onder die water verdwyn het terwyl hy saam met sy broer geswem het.” Volgens Lambinon is die seun se liggaam in die water gekry en na die strand gebring.
“Paramedici het hom op die strand behandel maar sonder sukses en hy is op die toneel dood verklaar. Die seun se gesin is deur die provinsiale nooddienste na ʼn nabygeleë polisiestasie geneem waar hulle traumabehandeling ontvang het.”
Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin.