Tienerseuns beseer in damongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Twee tieners is Sondag ernstig beseer in ʼn ongeluk op die Witbankdam in Mpumalanga.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê met hul aankoms op die toneel was paramedici van Langa-ambulansdienste reeds besig om twee 17-jarige seuns te behandel.

Die een seun se pelvis is vermoedelik gekraak terwyl die ander seun onder meer sy been gebreek het. ʼn 18-jarige meisie is vir skok behandel. Die seuns en meisie is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens Lambinon was die twee seuns glo op ’n binneband wat deur die boot getrek is. Die binneband het glo klippe getref waarna die seuns van die binneband af geslinger is en beserings opgedoen het.

Die meisie het die seuns glo in die water bygestaan voor paramedici se aankoms op die toneel. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet Pompies ·

Die skipper het ‘n gebrek aan kennis, as jou sleep tou 20m lank is kan jy nie nader as 20m aan die oewer beweeg veral met toestelle wat agter bote aangesleep word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.