Tienerseuns by skool gesteek

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Drie seuns van ʼn hoërskool in Johannesburg is Dinsdag beseer toe hulle glo tydens ʼn geveg by die skool met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ambulansdienste is na die skool in Highlands North ontbied nadat die drie leerders “oppervlakkige steekwonde” opgedoen het.

“Daar word beweer dat daar ʼn geveg tussen ʼn groep seuns by die skool uitgebreek het en dat die drie seuns tydens die geveg beseer is,” het Mathe gesê.

Mathe het gesê die seuns is by die skool behandel en dit was nie nodig dat hulle gehospitaliseer hoef te word nie.

Konst. Thabo Malatjie, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval is nog nie by die polisie aangemeld nie.

Maroela Media het navraag by die Gautengse departement van onderwys gedoen en wag nog vir terugvoer. Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Ek hoop nie die geweld by die Universiteite spoel nou oor na ons skole nie.

DPJ ·

Onthou ons is in ‘n REWOLISIE.
Wat verwag die mense skole gebeur in ‘n Rewolisie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.