Tienerseuns by skool in hegtenis geneem

Die vuurwapen waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

Twee leerders van Port St. Johns in die Oos-Kaap, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, is in hegtenis geneem ná ʼn voorval in ʼn klas waar ʼn onderwyseres ʼn verdagte voorwerp in ʼn leerder se sak gesien en hy geweier het om dit aan haar te oorhandig.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê twee leerders is aangekla van onderskeidelik die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

“Dit volg ná ʼn onderwyseres iets in die 15-jarige leerder se broeksak opgemerk en hy geweier het om die item te oorhandig toe sy daarna vra. Die leerder is na die skoolhoof geneem waar ʼn magasyn vir ʼn 9 mm-pistool met sewe patrone oorhandig is.”

Die magasyn waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

Nadere ondersoek het die 16-jarige leerder betrek en die polisie het die seun tot by sy huis vergesel waar hy ʼn 9 mm-pistool aan hulle oorhandig het. Hý staan tereg op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Albei leerders het vlugtig in die Port St. Johns-landdroshof verskyn. Hul voogde het hulle vergesel en hulle is daarna in hul voogde se sorg vrygelaat. Die polisie het die toesighouers gewaarsku.

Ondersoeke sal gedoen word om te bepaal aan wie die vuurwapen behoort, hoe die leerders die wapen in die hande gekry het en of dit in die uitvoer van enige misdade gebruik is.

Die polisie het ouers en voogde aangemoedig om betrokke te wees in hul kinders se lewe en hulself te vergewis van waar die kinders hulle bevind asook die mense saam met wie hulle tyd deurbring.

Die leerders sal op 4 Mei weer saam met hul voogde in dieselfde hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tanzie ·

15 jaar oud en dit is die geval! Sulke kinders hoort nie in die samelewing nie.

Gevaar ·

…en dan moet ons ons kinders met geruste harte skooltoe stuur…

Oom Kalahari ·

Jong kinder bende lede wat almal rondom hul se lewens in gevaar stel veral as hul enige tipe verdowingsmiddels ook neem. Daar moet ook na hul selfone gekyk word en met watter aktiwiteite hul bedrywig is en met wie hul geassosieer kan word. Uitstekende waarneming en optrede deur die Onderwyseres en sy het moontlik ‘n ernstige optrede/misdaad voorkom.

L ·

Hoe vertrou jy SO leerder weer in jou klas en rondom ander leerders? N mens gaan hom elke dag wil deursoek en altyd wonder wie hy vandag wil dood maak! Hy hoort in geen skool. Tuis onderwys vir hom asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.