Tienerseuns vas ná aanval op boer

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Vier verdagtes, tussen 14 en 18 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat ʼn 65-jarige boer Sondagmiddag in die Mooirivier-omgewing in KwaZulu-Natal aangeval en aangerand is.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 16:30 op ʼn grondpad sowat 2 km van die man se plaas af plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel is die boer deur ʼn groep mans aangeval en aangerand. Hy het verskeie beserings opgedoen en sy linkerarm is ook gebreek. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Dollman gesê.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens Zwane het die aanval op die Middelrus-pad plaasgevind.

“Die man het na bewering stilgehou en was besig om foto’s te neem toe die groep verbygeloop het. Daar word beweer dat sy honde uit die voertuig gespring en die verdagtes gejaag het. Die verdagtes het daarna die honde verdryf, waarna hulle die man glo met stokke aangerand het,” het Zwane gesê.

Die vier verdagtes is kort ná die voorval deur die Mooirivier-polisie in hegtenis geneem.

Die verdagtes moet binnekort in die Mooirivier-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Willie ·

Op so n jonge ouderdom al klaar so geweldadig! Opsweping is baie erg!

Alida ·

Hoekom is die 14 jarige nie in die skool nie? Sluit hulle toe tot hulle 60 jaar oud is. Dankie Julius Malema.

Andre ·

Hi Alida, die berig noem dat die voorval Sondagmiddag plaasgevind het. Daar is nie skool op ‘n Sondagmiddagnie?

Marietjie ·

Ek hoop hierdie aanval haal die nuus presies soos die doodskis video opslae gemaak het en die geval van Parys.

Hannelie ·

Nee wat Marietjie dit sal in die kiem gesmoor word. So jonk en geweldadig…..dis seker waar jy vandaan kom. Die haat en moord is klaar geplant.

Onaanvaarbaar ·

Sulke gedrag is onaanvaarbaar en ek hoop daar word n voorbeeld van die tieners gemaak!

A ·

Ek het hoop verloor.

Daar bestaan nie meer iets soos liefde, respek nie. Waarop dan hoop?

Glo niks ·

EN die tieners sal uiteindelik weer niks oorkom nie,die inhegtenisname is net oeverblindery, want hulle is maar jong outjies. Hulle is tien teen een deur die volwassenes opgesteek, juis omdat hulle so ligtelik daarvan afkom. Vreemd dat die Waterkloof 4 eers gevonnis is NADAT hulle volwassenes geword het, terwyl hierdie jong TIENERS niks gaan oorkom nie. HOu die saak dop, die makkers gaan onder hulle ouers se toesig vrygelaat word, en is more weer terug op straat, of op die volgende plaas.

Irene ·

Hoekom is hul nie bang nie as die boer hul verjaag dan is hy in die moeilikheid nou gaan hul minderjarig voor kom en in moedertjie se sorg plaas en die kan niks doen nie

Cor ·

As dit die doodskis video status behaal sal dit wees omrede hulle klaar ryp gemaak is om te se die boer se honde het hulle aangeval. Wag en kyk na Woensdag wie sal die eintlike skuldige gemaak word.

Marianne ·

Aag verskoon tog maar word mense wat na 1994 nie as onskuldiges gebore nie??? Hulle word dan in ‘n vry land met voordele en almal se vergifting verwelkom…
WAAROM RAND JUIS HULLE MENSE AAN??? PLEEG MOORD EN SKEP WAN DADE???
OF
Is dit JUIS wat in die vak Lewens Oriënteering aan hulle geleer word?

Vermeende ·

Is dit regtig opsweping deur politieke leiers of agv van ‘n kutuur wat geweld die normaal maak?

Charne ·

Vermeende, daar sê jy iets waaroor ek ook al lankal wonder.

Frikkie ·

hahaha – hoe lekker kan en nou lag na die stelling wat “Onaanvaarbaar” maak. Waar gesien dat daardie jongmanne enige nuus dekking sal kry. eerstens het die boer uitgeklim om foto’s van die jonges moontlik te neem om dit deur te gee aan die plaas wag vir net ingeval, tweedens het sy honde, sonder enige instruksie uit gespring om ook hulle blaf te opper derdens die boer het hulle nie ‘ saam ry geleendheid gegee skool toe nie. By reg soos Alida noem, hulle moes mos by die skool gewees het wat daar nie is nie.of hulle was seker met speeltyd gewees om inligting vir hulle skool take te kry wat gedoen moet word vir middernag.

Alida ·

Frikkie die lesers het my klaar daarop gewys dat dit Sondag was. Ai wat maak dit tog saak die klein skelm is 14 jaar oud.

Marie ·

Daar is altyd ‘n verskoning vir die dinge, met ander woorde hulle kan maak soos hulle wil. As die honde uitgespring het en hulle gejaag het hoekom dan teruggaan en hom aanrand was hulle skielik nie meer bang vir die honde nie? Hulle het seker maar geloop en soek na iemand wat hulle kan aanrand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.