Tienjarige glo deur vyf mans verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienjarige seun is Sondag glo deur vyf mans in Thabong naby Welkom in die Vrystaat verkrag.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun het omstreeks 16:30 saam met sy vriende in ʼn watergat naby die Phumlane-nedersetting geswem toe die voorval plaasgevind het.

“Die seuns is na bewering deur vyf onbekende mans genader. Die mans was in komberse geklee en het met honde by hulle gestap,” het Mokhuoane gesê. Die seun se vriende kon daarin slaag om weg te hardloop, maar hy het in die modder vasgesit en kon nie betyds wegkom nie.

“Ná die beproewing het die seun van die toneel gevlug en die saak aangemeld. Hy is na ʼn hospitaal gehaas en die polisie is na die toneel ontbied.”

Mokhuoane het gesê vyf sake van verkragting word ondersoek. Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Lebogang Mokhethi by 082 456 3347 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ethel ·

Dit is so n bitter hartseer voorval. En dis deesdae die reel. Die regering sit vas met die Bill om ons Godsdiensvryheid weg te neem….as hul net kan sien dat om God se Woord midde ons land te eer en God op te hou uitdaag…..hierdie soort van ding hanteer sal word soos dit moet hanteer word. Mag hul oë oopgaan om die verwoesting van mense om ons te sien. Van aborsies,verkragting, molestering, pornografie…….Ons land het God so nodig. Hoekom sal ons nie eerder na Hom vlug nie.

Jem ·

Kan nie glo daar is sulke monsters wat saam ons hierdie aarde bywoon nie. Hoop hulle word vinnig aanmekaar. Vir die onderklere families wat hierdie trauma moet verwerk wil ek net se sterkte. Dit gaan vir nog baie lank by die gemeenskap spook. Ek hoop en bid vir julle. My gebede is ook met die seun. Sy arme lewetjie is vir die res van sy lewe geskendal.

plaatsie ·

Sodom en Gomorra is n mooi bog vir wat hier in RSA aangaan.

T ·

Siek verby! Arme kind maar die baba pornografie pla my verskriklik. Dit is sieker as siek! Dit maak my naar

Annemarie ·

Ja Popeye…ek sukkel ook. Vat onnodig lank om oop te maak… Maar net geduld kry ons darem gelees…

Annie ·

Hierdie mense verdien die ergste straf moontlik. Die kind se lewe is verwoes!!

liz ·

Dus die reine waarheid daardie.daai seuntjie sal baie hulp moet kry.

AL ·

Die ANC is so hard besig om skandale toe te smeer en hul met onbenullighede op te hou terwyl die slagoffers onder misdaad knak. Sies vir hulle en sies vir die verkragters! Mag hul gemeenskap hul doodstenig!

miv ·

So bitter hartseer wat daardie arme kind moes deurmaak. Politici baklei oor die pound seats en ons kinders word verkrag, vermoor, mishandel, misken, ontneem van gerieflike en veilige verblyf, bly honger en beangs en leef in haglike toestande in townships en op straat, terwyl die staatskas vir eie gewin besteel word. Moordenaars en verkragters word deur menseregte wette beskerm. Wat het gebeur dat ons kinders nog nie uit hul benarde omstandighede bevry is nie? Almal sal eendag voor God staan om te getuig wat ons vir ons land se kinders gedoen het – kinders wat magteloos en nie in staat was om hulself te help nie, terwyl die geldbaronne nog magtiger en ryker word en met leë beloftes die armes met bak hande op hul knieë hou en toesien dat hul arm en afhanklik van die staat bly. God sê dis beter dat ons ‘n meuelsteen om die nek hang en jousef on die dieptes van die see werp as dat jy een van my kindertjies skade berokken. Laat ons introspeksie hou en hand in eie boesem steek, sodat ons, hoe gering of waar ook al, ‘n daadwerklike poging sal aanwend om ons land se kinders te versorg te ondersteun te vertroetel te beskerm uit die strate te hou, om hulle lief te hê en te gee van die oorvloed wat ons het en om hulle van God se Woord te leer!

Ken ·

Se nou weer vir my ons leef nie in ‘n UITERS siek samelewing nie….. Nie eers diere doen hierdie tipe ding nie……..

Donovan ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie…. hoe op aarde 5 mans verkrag n 10 jarige seun… weet in die geval glo ek aan mob juctice… ek kan nie glo hoe mense vermoor word en verniel word in die land en ons regering kyk maar na die ander kant….

Anoniem ·

Laat my dink aan die Bybelvers: die duiwel loop soos ‘n brullende leeu rond en kyk wie hy kan verslind. Dis verskriklik wat met die seun gebeur het. Daar word ook soveel ander mense getraumatiseer daardeur… sy familie, sy maatjies, selfs ons wat daarvan lees. Ek wens die oordeelsdag wil aanbreek sodat al die verkeerde dinge kan ophou.

connie ·

As jy drink en bestuur en jy word gevang, word jy aangekla van moord. Maar jy mag verkrag en moord pleeg, en jy word net liggies gevonnis. Dis om van siek te word. BRING TERUG DIE DOOD STRAF VIR VERKRAGTES, MOORDENAARS, EN PEDOFILLE want hulle pleeg ook moord, as n kind of vrou se lewe verwoes word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.