Tienjarige hoor glo hoe ouers doodgeskiet word

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Dubbele moordsaak word ondersoek nadat ʼn egpaar se liggame Saterdagoggend in ʼn beboste gebied langs die N12 aan die Wesrand in Gauteng gevind is.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn tienjarige seun is Vrydagaand deur ʼn motoris na die Westonaria-polisiestasie gebring. Die seun se klere was met bloed bevlek en hy het vertel dat hy gehoor het hoe sy ouers langs die pad doodgeskiet word.

“Volgens die seun het hy saam met sy ouers van die Oosrand na Potchefstroom gereis vir die naweek. Hulle het geryloop en is deur ʼn motoris by die R28/N12-kruising afgelaai,” het Ernst gesê. “Terwyl hulle gewag het vir ʼn voertuig om hulle op te laai, het ʼn motor langs hulle stilgehou. Twee mans het ʼn vuurwapen op die ma, pa en die seun gerig en hulle in die bosse langs die pad ingedwing.”

Ernst het gesê die seun was glo aangesê om op die grond te lê en af te kyk. Hy het daarna skote hoor afgaan en gille gehoor. Nadat dit stil geword het, het hy teruggestap na die N12 waar ʼn motoris hom opgelaai het.

“Die polisie het deur die nag gewerk om die inligting op te volg en Saterdag teen sonsopkoms is die liggame van die seun se ouers in die bosse langs die pad gekry soos hy aan die polisie verduidelik het. Die slagoffers se persoonlike besittings is gesteel,” het Ernst gesê.

Sy het gesê die seun is intussen na familie in Potchefstroom geneem wat nou na hom omsien.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort. Enigiemand met meer inligting word versoek om dit by Crime Stop by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Prt ·

Alle sterkte aan hierdie seun en mag daar baie seninge na jou pad toe kom ?????✝✝✝✝✝??

Koos ·

Mense is nêrens meer veilig nie net so kan jy stop om ‘n pap band om te ruil en die satan kinders roof en vermoor jou….. baie tragies

Natasha ·

Ek sal nerens stop met n pap wiel nie. Sal maar so aan ry en eerder my rim ook stukkend ry tot die naaste huis.

Bennie van Aswegen ·

Dit is verby verstaanbaar, n lewe is niks meer werd. Watse normale mense doen so iets. Dit is iets wat ons in die diere ryk sou kon aanvaar en ook nie eens van so geweldig on gevoeloose aard nie. Ons gaan die gebaar in Suid Afrika nooit stop as daar nie in gegryp gaan word nie. Bereik die daglikse barbaarse gebeure die buite land. Die gene wat in die ou bedeelling sangsies teen Suid Afrika in gestel het. Tot wanneer gaan die tipe leef waardes toe gelaat word. Mag die Hoorhand ons nie ook laat besef hoe ver het ons eens trotse nasie weg gedwaal. Ons moet op staan nie net teen die geweld maar ook op staan en die lee kerk banke vul. Sterkte Jong seun, mag ons Hemelse Vader jou vertroosting gee, daar is niemand wat jou pyn sal verstaan. Mag ons as mede mens hande vat. Kom tot jou kniee wat hier die boodskap lees kom bid dat ons van hierdie siek leef wyse waarin ons ons self befind op fondasie flak begin herstel

Karolis ·

Behoede jou as jy ‘n ongeluk oorkom op die pad.
Jy tel niks van jou besittings op nie. Daar is niks oor om op te tel nie.

ellin ·

My kind is ook koelbloedig dood gekiet I’m my kar reglangs sy seuntjie wat als kan onthou al wat gese word kind nog te jonk om te onthou maar hy onthou tot op end tot vandag toe geen leidraad of saak nr nie word net gese hul soek hele berig. Herald moord op johan raaths 31 Mei 2013 caltonville die ergste hy is soos n hond voor sy kind geskiet almal trek skouers op wou maa net deel hele berig op google

Brett ·

Dit is hoekom ek die nommer van ‘n privaatspeurder op my foon het.

Christine ·

Elrina, die kind is 10, wat probeer jy se? Hy het dit gedoen? Dalk het hy wel na sy ouers gegaan en hulle vasgehou en probeer roep? Hy is maar net ‘n kind. Dink net hoe paniek bevange hy moes wees.

Joann ·

Shame wat n skok vir die kind. Maar ek te stupid om te verstaan hoe als in mekaar steek. 10jr.oue kind is vandag baie wise glo my.

brenda ·

Genugtig; hul besittings geneem? is hier dalk dwelms by betrokke? Mag die jong kind vrede vind en n liefdevolle blyplek.

C ·

Dit is verskriklik hartseer en my hart gaan uit na hierdie jong seun van mar net 10 jr. Maar hoe kan ‘n mens in vandag se lewe die kans waag om met jou kind te ryloop, almal weet hoe gevaarlik dit is. As ek nie vervoer het nie dan gaan ek maar liewers die naweek by die huis bly.

Peet J ·

Die doelwit van die lande wat sanksies teen die vorige bedeling ingestel het se idee was om demokrasie te laat geld sodat almal ewe vry en gelyk is.
Dit het natuurlik veroorsaak dat demokrasie wat gepaard gaan met ‘n ras gemengde burgerstaat en wat tans regeer word deur die meerderheid swartes, groepspanning teweeg gebring het asook ‘n vrugbare aarde vir die optredes van geweldenaars geskep het.
Kriminaliteit sal nooit deur die huidige wetgewing bekamp kan word nie omrede dit teveel voordele vir die oortreder inhou wat ook ‘n nadelige uitwerking het op die jonges wat vermoeddellik soder dissiplinne groot gemaak word.
Wat ‘n jammerte dat die kind albei sy ouers op so ‘n onmenslike manier moes verloor.

Sê maar net ·

Ai Elrina. Regtig!!!! Nie almal is ‘n Griekwastad moordenaar nie. Hê ‘n hart. Kan jy jou indink as so iets met jou moet gebeur en JOU kind is die een wat daardeur moet gaan. Wat sou jy wou gehad het mense moet dink. Dat hy 10 is en sy Pa en Ma langs die pad doodskiet. Die wêreld is siek genoeg. Dis nie nodig dat jy dit NOG sieker hoef te maak deur te dink die arme kind is tot moord instaat net omdat jy ‘n dors het vir sensasie. Gaan dink daaroor en bid vir die kind.

lilipit ·

Ek lees gereeld allerlei nuus… bruin, swart, wit… kindertjies en oues.. niemand word ontsien nie. Ek is oortuig dat die doodstraf verwelkom sal word deur die meeste normale, wetsgetroue burgers. Hoe verkry mens die nodige momentum om hierdie tipe gesprek weer aan die gang te kry? So baie positiewe dinge is besig om te gebeur.. die wiel draai, hoe hanteer ons misdaad, wat elkeen van ons affekteer?

Peet J ·

lilipit Ek sal graag wil weet van watter positiewe jy melding maak wat besig is om in die NSA toe te neem. Die doodstraf sal nie weer ingestel kan word nie want die Grondwet verbied dit. Die enigste oplossing is verdeel die land op ‘n kulturele grondslag sodat elke kultuurvolk kan besluit wie en wat hy in sy grondgebied wil toelaat. Dit is onmenslik om van verskillende mensegroepe en waarvan party indiwidue nie gekultiveer is nie ‘n gesamentlike grondgebied te deel bv. in ‘n burgerstaat.

Karma ·

Piet (ek is nou nie sarkasties as ek dit só vra nie, hoor) – is die Grondwet dan in sement geskryf? M.a.w. kan dit NOOIT, OOIT, OOIT verander of herskryf word nie? Goed, ek dink party misdade verdien die doodstraf (bv. moord of kinder-moord), maar ek dink ook daaraan dat doodstraf dikwels tronkstraf van etlike jare beteken, waartydens die veroordeelde appèl op appèl op appèl aanteken. Doodstraf is slegs effektief wanneer dit binne ‘n redelike tydperk toegedien word; ek dink daar moet – behalwe dat doodstraf teruggebring word – ‘n wet gemaak word wat sê ‘n ter-doodveroordeelde het net een keer die reg op appèl, daarna is dit binne 3 maande “gallows” toe met hom/haar. En sekere misdade, soos uiters gewelddadige moorde, se straf is outomaties die doodstraf. Kan ‘n mens nie iets soos ‘n veldtog van #BringBacktheDeathPenalty begin nie? Ek dink die regering het ‘n plig om dalk ‘n referendum uit te bring sodat die mense se stem gehoor kan word.

Jane E ·

@Piet jou vergawe van die “enigste oplossing” word ook verbied deur die Grondwet nl diskriminasie op grond van kultuur, en is by ver ‘n minder waarskynlike opsie. @Karma die Grondwet KAN gewysig word, daar is egter in my opinie ‘n baie skraal kans dat die doodstraf terug gebring sal word om verskeie redes. Dis bv bewys om onsuksesvol te wees as ‘n afskrikmiddel… hierdie mag dalk vir jou vreemd klink maar gaan loer gerus na die statistieke. Dis ook ‘n bitterlike kontroversiele onderwerp (vir verskeie redes) en vir die grondwet om gewysig te word vereis dit dat 6/9 van die provinsies vir die verandering stem, ‘n hoogs onwaarskynlike gebeurtenis in die geval. Verder is die reg op lewe ook gevestg deur menigde regspraak en vorm deel van die kernbeginsels van ons reg. So teoreties…. is dt moontlik? Ja. Prakties en waarskynlik? Nee. Sover my kennis strek is die doodstraf ook nog nerens in die moderne wereld terug gebring na dit afgeskaf is nie.

Maggie van Zyl ·

Niemand hier weet wat die omstandighede was waarom hulle op pad was Potch toe nie. Maar een ding is duidelik, hulle het dit nie breed gehad nie, anders sou hulle nooit geryloop het nie. Dalk was hulle op pad na familie om daar te gaan bly… Dalk was daar ‘n moontlike werksgeleentheid en hulle moes daar uitkom. Wie weet ?? As jy nie geld het nie, en daar is ‘n moontlike uitweg, gaan jy dit vat. Hulle was 10/1 bang vir so iets, maar het duidelik nie ‘n keuse gehad nie. Die kindjie se ouers is geskiet, sy eerste reaksie sou nie wees, jippie, nou is ek alleen nie…!! Sy eerste reaksie sou wees om na sy ouers te gaan, moontlik het hy hulle saggies geskud om te kyk of hulle lewe, en hulle teen hom vasgedruk, terwyl hy half histeries is, en sy kinder traantjies oor hulle lewelose liggame rol. Ek glo daarom is daar bloed aan sy klere. Moet asseblief nie altyd veroordeel nie. Sou julle wat so oordeel, hulle Potch toe gevat het as hulle gevra het??

Lola ·

Ai tog! Wat het met die mensdom verkeerd gegaan? Tog klop iets nie! Ek beskuldig niemand nie, so voor julle my kruisig……! waarom sou hulle die ouers vermoor en die kind laat lewe? Ek neem aan die kind het hulle gesien? ‘n Bekende dalk?

Peet J ·

Die huidige grondwet wat deur president Mandela onderteken is (1996) is al meer as eenkeer deur die ANC aangepas om aan die regerende party se vereistes te voldoen. Die Konstitusionele Hof het die doodstraf afgeskaf. Volgens liberalisme sienswyse is lewenslange gevangenisstraf meer mensliewender as die doodstraf want die handves van menseregte bepaal dat elke mens die reg het op lewe, daar is ook sekere gelowe wat teen die doodstraf is.

annette ·

Dit is so verskriklik om te dink die kind het alles gehoor. Wat se trauma vir so jong kind? Tien teen een sal hulle nooit in hegtenis geneem word nie. Liewe hemel wat word van SA. Ons is uit gelewer aan kriminele en moordenaars wat niks voel vir ‘n lewe nie.
Ek hoop die ou seuntjie sal baie liefde kry en in ‘n omgewing groot word wat hierdie pyn sal stil maak wat hy nou deur maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.