Tienjarige sterf in botsing met trok

Die ongeluk waarin ‘n 10-jarige dood is. (Foto: Verskaf)

ʼn Tienjarige kind is dood en vyf volwassenes beseer toe ʼn Toyota Avanza Sondagaand met ʼn afleweringsvoertuig in Krugersdorp gebots het. Die drie insittendes van die trok het toe glo van die toneel gevlug.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het net voor 20:00 plaasgevind. “By paramedici se aankoms op die toneel het ons meeste van die volwassenes buite die voertuig aangetref. Hulle is klaarblyklik uit die voertuig geslinger. Die kind, ʼn meisie, was nog in die voertuig, maar het geen tekens van lewe getoon nie.”

Twee volwasse mans, glo in hul 20’s, is ook ernstig beseer en moes lewensondersteunende behandeling op die toneel kry voordat hulle na ʼn hospitaal vervoer is. Die drie ander volwassenes het matige tot geringe beserings opgedoen en is almal op die toneel behandel voordat hulle deur ander ambulansdienste na hospitale vervoer is.

Volgens Campbell het die drie insittendes van die trok ná die ongeluk van die toneel gevlug. “Die metropolisie was op die toneel om die ongeluk verder te ondersoek.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AW ·

Ek, soos menige ander, het my deel ondervind om n kind in n “bodybag” , te sit…. Net Hartseer…. al het jy daardie kind nie eens geken nie.

Sterkte aan die Familie.

Belinda ·

so dan was die aflwerings voertuig seker van n maatskappy? hulle kan mos so die drywer van die voertuig kry?

Toy ·

Toemaar hulle sal gevind word, “you can run, but you can’t hide. My innigge simpatie met die dogtertjie se afsterwe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.