Tienjarige verdrink in dam

Argieffoto

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek ná die verdrinking van ’n tienjarige seun buite King William’s Town in die Oos-Kaap.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê polisieduikers is Maandag ontbied nadat ’n kind in die moeilikheid beland het in ’n dam in die omgewing van Peddie.

Volgens Tonjeni is die duikers by hul aankoms op die toneel deur ooggetuies in die rigting gestuur waar die kind onder die water verdwyn het. ’n Soektog is toe van stapel gestuur. Die kind se liggaam is sowat 20 minute later uit die water gebring. Hy is sedertdien identifiseer as Lithemba Platana.

Die omstandighede rakende die verdrinking word in dié stadium ondersoek.

Intussen het lt.genl. Liziwe Ntshinga, polisiehoof in die Oos-Kaap, die publiek gewaarsku teen sterk strome ná onlangse swaar reën in die provinsie. “Ons damme en riviere se watervlakke het toegeneem, wat ’n bedreiging vir mens en dier inhou,” het Ntshinga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.