Tienling is wél gebore – departement

Die 37-jarige Gosiame Thamara Sithole van Tembisa het vandeesweek aan 10 babas geboorte geskenk. Langs haar sit haar man, Tobogo Tsosetsi. (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/IOL)

Nadat dit die afgelope twee dae gegons het oor die geboorte van ʼn tienling in Gauteng en hoe dit met hulle gaan, het die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling Woensdagmiddag bevestig dat hulle op die hoogte is van waar die tienling en hul ma, Gosiame Sithole, hulle bevind.

Volgens Feziwe Ndwayana, woordvoerder van die departement, is Sithole sedert 2016 – toe haar eerste twee kinders, ʼn tweeling, gebore is – “ʼn kliënt” van die departement.

Ndwayana sê Sithole se dokter het aanbeveel dat sy ruimte gegun word om te rus en te begin genees.

Sy verkeer in dié stadium glo in heelwat pyn.

“Ons maatskaplike werkers sal die ma môre gaan besoek. Sy is steeds in die hospitaal. Om die gesin te beskerm, kan ons egter nie nou bekend maak in watter hospitaal hulle is nie,” sê Ndwayana.

Op ʼn vraag oor die toestand van die tienling, het Ndwayana gesê verdere inligting sal eers bevestig kan word wanneer die maatskaplike werkers Sithole besoek het.

Sy het egter bevestig dat tien babas wel gebore is.

Die nuus oor die tienling se geboorte het wêreldwyd opslae gemaak, maar daar was tot dusver  bitter min amptelike inligting oor ma en babas se gesondheid. Selfs die nasionale regering het Dinsdag ʼn beroep op enigiemand met inligting gedoen om na vore te kom.

Guinness-wêreldrekords het vroeër gesê hulle het kennis geneem van die babas se geboorte, maar die nuwe wêreldrekord kon nog nie bevestig word nie.

Pretoria News, wat die aanvanklike berig oor die tienling se geboorte geplaas het, het berig Sithole se man, Tsotetsi, is werkloos. Die gesin het ook ʼn pleidooi om hulp tot Suid-Afrikaners gerig – een wat reeds ruimhartig ondersteun is.

Op sosialemediaplatforms is daar selfs gevra dat ʼn nasionale babatee vir die gesin gehou word.

Geen foto’s van die tienling is nog gedeel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

deHAS ·

Die Mama lyk baie vol liefde, seker van die tien siele wat sy dra. Dis merkwaardig, wonder of dit sedlsaam is of dit miskien meer en meer gaan gebeur.

WLM ·

Daar het jy dit nou. Perde bolle is toe wragtag al die tyd vye.

Racheltjie Debeer ·

Ek byt ook nog gladnie aan hierdie “vy” nie. Alles is beslis nie pluis met die storie nie.

Misky ·

Die man boonop werkloos ook….. ek vermoed hulle onderhandel intussen en kyk wie offer meeste geld en wie fotos van babas gaan plaas

Vonkprop ·

Iets klink nie lekker nie. Hoekom alles so geheim hou? Ek wil my verstout deur te sê dit is amper asof hulle skarrel om tien babas bymekaar te maak om hierdie geloofwaardig te maak.

Net ek ·

Stem met jou saam, klink vir my hier skuil ‘n groot slang in die gras…………….

Net ek ·

Stem met jou saam, klink my hier is ‘n groot slang in die gras!

Anoniem ·

Uiteindelik een wat dink aan haar gesin en nie aan publisiteit nie. Ek sal glo sy kort alleen tyd
om aan te sterk. Sy gaan die krag nodig hê nadese as sy ontslaan word vir die kindertjies.

Michele ·

“ʼn kliënt” van die departement…. Wat beteken dit nou eintlik. En hoekom hulle wegsteek…

piet ·

Die regering gee REEDS toelae. Hulle is mos reeds “bestaande kliente”.

JohanR ·

10!!!!!! Dink sy het meer as net ruimte nodig! Dink ook nie dit het gebeur nie, Iemand soek geld, of ietsie!

Thereza ·

Ek hoor daar is verskeie blanket dames wat nou n reuse ooievaarstee vir die mamma wil hou. ek hoop daar is n pakkie disprin in di geskenk pak????

piet ·

Hulle eerste twee kinders was ‘n tweeling. Goeie genugtig nou sommer ‘n tienling (“decuplets”) daarby. Merkwaardig.

Kakamiet ·

Alles nog net hoor sê. Seeing is believing unfortunately. Ek het n persoon op Twitter gevang n post maak waar hy se hy is die spokespersoon vir die familie en geld gevra. Bedrog en skelm streke is Afrika se manier vandag.

Fae Fubar ·

In die heel eerste berig oor die geboorte, is gemeld dat die ouers besonderhede privaat wou hou, weens kulturele en godsdienstige oorweging. Op die foto, het die pa dan ook sy kenteken van die Zionist Christian Church op sy baadjie. Almal is nie sensasie-soekende geldwolwe nie. Ek glo egter dat daar onderling woes onderhandel word met ‘n publikasie wat goeie geld sal betaal vir die storie.

Kathleen ·

Hoe meer dae hoe meer dinge , eish ! Hoekom alles so onder die dekmantel hou ? geld is verseker die wagwoord hier ! maar 1 ding is verseker nie 1 van die 2 ouers gaan ooit weer nodig hê om te werk nie , Suid Afrika sal voorsien , dit is nou nie altemit nie .

Sêmanet ·

Ek het nie eens geweet 10linge kan natuurlik verwek word nie. Heeltyd gedink net met Kunsmatige Insiminasie.

Moedeloos ·

Miskien is dit juis die rede hoekom sy n gereelde klient is. Kunsmatig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.