Tientalle beseer toe trein, instampmasjien bots

Foto: Verskaf

Minstens 57 mense is beseer, waaronder 14 ernstig, toe ʼn Transnet-instampmasjien en ʼn nuwe Metrorail-trein Saterdagaand in Mamelodi, in die noordooste van Pretoria, gebots het.

Die instampmasjien was besig met spoorinstandhouding toe dit by die Eerste Fabrieke-stasie teen die trein gebots het.

Volgens Metrorail het die treindrywer die instampmasjien sien aankom en die sowat 300 passasiers op die trein versoek om die trein te verlaat.

Die passasiers het glo geweier en die noodalarm geaktiveer wat veroorsaak het dat die trein nie kon beweeg nie waarna die instampmasjien teen die trein gebots het.

Die beseerde passasiers is na die Steve Biko- akademiese en Tshwane-distrikshospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Die botsing het daartoe gelei dat die treindiens tussen Pienaarspoort en Pretoria gestaak is.

Volgens Metrorail sal ʼn raad van ondersoek binnekort aangestel word om die oorsaak van die botsing te ondersoek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Thelsa ·

Passasiers weier om gehoor te gee aan veiligheidsinstrukies ?
Hospitaal hier kom julle.

Strand looper ·

Mmmmm….Sefde as om oor n highway te hardloop in spits verkeer….

Lag-maar-net ·

….En groot eise tèèn Metrorail. Baie slim passasiers wat vinnig op hulle sitvlakke dink….

Piesang ·

Hier word weer instant miljoenêrs gemaak. Geweier om die trein te verlaat en noodrem geaktiveer? Hulle het hulleself beseer en vandalisme in die proses gepleeg.

Sarie ·

Wonder waar was die bestuurder van die impakmasjien. Seker op ‘lunch’.

Karolis ·

Die berig stel dit duidelik genoeg dat die instampmasjien teen die trein (stilstaande) gebots het.

Kader X ·

Onbevoegdheid op sy beste! Geen verskoning sal help nie. Die instampmasjien was seker op die verkeerde tyd op die verkeerde plek! Weereens miljoene se skade vir belastingbetalers om te betaal.

Jan pierewiet ·

Your onnor, onnorable citizen error. Our citizenship shall bail them metrorail some money if needed for civilservice to citizens

Anoniem ·

Jammer dit was baie DOM om te ry want is daar dan geen koördinering nie Almal moes tog weet van die masjien wat besig was op daardie plek – ‘Shame on You’

Gert van Wierdapark ·

Die “Onderstop-masjien” word toe die Geen-stop-masjien met skadelike gevolge! Metro-rail is skynbaar lankal die spoor byster, so miskien was hy nie bewus dat die masjiene soms nog werk nie! Miskien moet pres Cyril weer n ritjie in die trein onder neem om te sien of dinge al beter werk ens!

Treindrywer ·

Ondervinding/opleiding, ondervinding/opleiding? Watter gedeelte verstaan hulle nie?

Hansie Slim ·

Het Metrorail darem vir ‘n slag instandhouding gedoen? Wow!! Nee, die masjien moes seker maar self op sy eie regkom!!

Rabes ·

Die sinjale het nie gewerk nie weens kabel diefstal is die algemene verskoning

Penellope Jones ·

Niks vreemds nie, dis net Suid-Afrika. . . . .
Hoop die beseerdes herstel gou.

Henk ·

Die korrekte Afrikaanse benaming vir die masjien waarmee die trein gebots het , is ‘n onderstop majien en nie ‘n instamp masjien nie

Anoniem ·

Ja ja ons sal weet wat die regte naam is mits alles reg gespel word ?

Anoniem ·

Jammer dit was baie DOM om te ry want is daar dan geen koördinering nie Almal moes tog weet van die masjien wat besig was op daardie plek – ‘Shame on You’

Gerrit ·

Die hele berig maak nie vir my sin nie. `n Onderstopmasjien wat besig is om te werk, beweeg bitter stadig, so ek neem aan die masjien was nie besig om te werk nie.
GVB moet pa staan vir hierdie ongeluk, want onderstopmasjien en trein was op dieselfde spoorbaan.

Scruffy ·

Ek glo nie daar is genoeg poliesie in die land om alles te ondersoek nie Alles wat verkeerd gaan se hulle gaan onder soek word ????????????

PJC ·

Jy is reg Henk mens noem dit ń onderstopmasjien en Gerrit jy is ook reg want duidelik is die bedryfsdienaar (GVB) verantwoordelik daarvoor.

Anita ·

In my lewensjare op hierdie aarde het ek nog nooit soveel trein ongelukke mee gemaak nie….wie beheer die programmering, die sinjale, wie kotroleer die spore, waar is die spoorweg polisie die kabeldiewe of brandstekers kan vastrek? die spoorweg is KAPOET

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.