Tientalle Bloem-betogers vas

Geweldadige protesoptrede in Bloemfontein. (Foto: Twitter)

Die Vrystaatse polisie het Woensdagoggend gesê altesame 70 mense is reeds in hegtenis geneem sedert gewelddadige betogings in Bloemfontein Sondagaand opgevlam het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie verwag boonop nog inhegtenisnemings soos winkeleienaars nóg sake aanhangig maak.

Maroela Media het vroeër berig minstens 13 buitelanders se winkels is reeds tydens die betogings in die Rosestad geplunder.

Nog betogings is intussen in gebiede soos Soutpan, Dewetsdorp en Zastron aangemeld.

Nagenoeg 20 mense is in Zastron in hegtenis geneem weens openbare geweld en plundering wat, net soos in Bloemfontein, by winkels wat aan buitelanders behoort, plaasgevind het.

Volgens Makhele was dié gebiede teen vanoggend nog redelik stil. Polisiebeamptes sal wel in die gebiede ontplooi word totdat die situasie bedaar het.

Die 57-jarige veiligheidswag wat Maandagoggend na bewering ’n 15-jarige seun tydens die gewelddadige betogings in Bloemfontein doodgeskiet het, verskyn vandag in die landdroshof op aanklag van moord.

’n Groep betogers wat onderskeidelik Sondag en Maandag in hegtenis geneem is, verskyn ook in die hof.

Makhele het intussen weer ’n beroep op die betogers gedoen om nie die paaie te versper en winkels te plunder nie aangesien hul gedrag nou “as pure misdadigheid” beskou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris dupreez ·

Hulle optrede is nie misdadig nie, want hulle is so geleer.

JM ·

Spul misdadigers! Dit is makliker om geweld te gebruik en te verwoes en te plunder, as om werk vir hul hande te kry. Hoog tyd dat daar minder afbrand, gedans, geskree word en hulle werk vir hul hande kry, nou word winkels geplunder! Watter skuld het hierdie winkeleienaars aan swak dienslewering deur die munisipaliteit?! Ons land is anargisties en siek!

Jakes ·

Lekker man Lekker. Dat hulle nie kan besef dat dit is die resultaat wanneer hulle vir die ANC stem by die stembus. Maar ongelukkig kan dit nie deurdring nie, wonder hoekom?

My siening ·

Verwoes alles want hulle betaal nie belasting en kry alles verniet by ANC. Demokrasie in die land is vryheid net vir kriminele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.