Tientalle bokke, skape uit Kombi gered

Die polisie het tientalle bokke gered wat in dié Kombi gestop was. Die Kombi is op 2 Februarie digby Alberton afgetrek (Foto: SAPS)

Die polisie het Dinsdagoggend 30 bokke en skape gered, asook op twee onwettige vuurwapens beslag gelê ná beweerde misdadigers in ʼn Kombi by Zonkezizwe digby Alberton, Gauteng, van die pad afgetrek is. ʼn Skietgeveg het tussen die polisie en vermeende diewe uitgebreek.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het vroegoggend omstreeks 02:30 roetinepatrollies in die omgewing gedoen toe hulle die verdagte rooi Toyota Quantum-Kombi met twee insittendes opgemerk het.

“Die beamptes het die voertuig voorgekeer en begin deursoek. Dit is toe dat hulle die twee onwettige vuurwapens en tien bokke in die Kombi gewaar,” sê Makhubele.

Die rooi Kombi wat op 2 Februarie digby Alberton afgetrek is (Foto: SAPS)

Die verdagtes het die polisie na hul makkers gelei, waar nog tien bokke en tien skape aangetref is. Dié drie verdagtes het die polisie sien aankom en op hulle begin skiet.

“Die polisie het teruggeskiet en een verdagte is doodgeskiet. Een polisiebeampte is beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy tans in ʼn stabiele toestand is.”

Van die verdagtes het daarin geslaag om tydens die skietery weg te kom en die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur.

ʼn Ondersoek is ook reeds aan die gang om vas te stel of die vuurwapens en die verdagtes wat in hegtenis geneem is met ander misdade verbind kan word. Hierdie verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn.

Lt.genl. Elias Mawela, die provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, het die beamptes geloof vir hul waaksaamheid en vinnige reaksie om die diewe vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bart-Man ·

Ons praat altyd waar ons graag oorsee wil gaan.
Oorsee se mense se enige plek net nie Afrika nie.

Wielspore ·

Ek wonder of die bokke en skape betaal het om saam te ry?
Seker nie!

Willem ·

Hoe dom kan jy wees. Ry watter tyd van oggendcrond terwyl hul by huis moet wees. President laat baie van hul nou vang

Vlooitjie ·

Ek’s impress met die bussie se kajuit spasie :) Ai mens hoor elke dag iets nuut wat jou van voor af verstom.

msp ·

Dankie vir die “vrek” skelm, wens die polisieman sterkte en vinnige beterskap toe.

Clifford Salwyn ·

Hoekom moet polisie geloof word vir werk wat hulle betaal word om te doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.