Tientalle Pretoria-buurte se watertoevoer beperk

Foto: Morné van Rooyen

Tientalle buurte in Pretoria se watertoevoer word beperk na ʼn onderbreking van kragtoevoer na twee van Rand Water se pompstasies.

Rand Water het watertoevoer na verskeie areas in die Stad Tshwane se jurisdiksie met 30% beperk, het Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metro, gesê.

“Die opgelegde perk volg op ‘n onvoorsiene onderbreking in kragtoevoer na twee kritieke pompstasies Woensdagaand.”

Dit het gelei dat die kragtoevoer van Eskom se Snowden-substasie na beide Rand Water se Zuikerbosch- en Lethabo-pompstasies afgeskakel is. Die twee stasies kon dus nie water pomp nie.

Eskom kon Donderdag daarin slaag om kragtoevoer na die substasie te herstel. Volgens Mashigo is ʼn aantal van die Tshwane-metro se reservoirs egter hierdeur geraak. “Die situasie word ook vererger deur ʼn toename in die vraag na water weens die hoë temperature wat tans ervaar word.”

Die stad het dus ʼn beroep gedoen op inwoners gedoen om spaarsamig water te gebruik sodat die reservoirs weer hul optimale kapasiteit kan bereik. “Inwoners word versoek om nie hul tuine nat te lei, motors te was of swembaddens vol te maak tot die watervloei na normaal teruggekeer het nie.”

Mashigo het gesê indien daar nie aan die beroep gehoor gegee word nie kan dit tot verdere waterbeperkings lei.

Sekere uitbreidings in van die volgende buurte word geraak: Annlin, Atteridgeville, Blue Hills, Bon Accord AH, Brakfontein, Bronberrik, Clubview, De Onderstepoort, De Wildt AH, Die Hoewes, Doornpoort, Dorandia, Doringkloof, Eldoraigne, Erasmia, Florauna, Ga-Rankuwa, Groenkloof, Hennopspark, Hesteapark, Heuweloord, Highveld, Kosmosdal, Laudium, Lyttelton, Lyttelton Manor, Mabopane, Midstream Estate, Mnandi AH, Monavoni, Montana, Ninapark, Nooitgedacht, Olievenhoutbosch, Olifantsfontein, Onderstepoort, Pretoria-Noord, Raslouw, Rooihuiskraal, Rosslyn, Sinoville, Suiderberg, Sunderland Ridge, Swartkop, The Reeds, Theresapark, Tileba, Valhalla, Waterkloof, Wonderboom en Zwartkop.

Die Tshwane-metro het om verskoning gevra vir die ongerief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hendrik ·

Voor 94 het Rand Water hulle eie krag opgewek, juis omdat hulle nie kragprobleme met pompstasies wou hê nie.

@Hendrik ·

Voor ’94 was daar strategiese denke en bevoegde werkers by staatsinstansies.

@poppie ·

hoe minder water jy wil gebruik, en hoe minder jy wil spaar, al betaal jy hoe rekening vir water, so hoe werk dit, jy wil saam werk om water te bespaar en betaal baie vir water,

Susan vl ·

Is dit hoekom ons mensdom meer alkolhol drink ipv water.
Daars alewig krag en water probleem in Suid Afrika

Huh ·

Solank ek my rekening betaal, sal ek water gebruik soos ek wil en waarvoor ek wil. So skroef julle

Duh ·

En hengse boetes betaal want hoe meer water jy gebruik ses te meer betaal jy per liter en ses te meer “begunstigdes” subsidieer jy. So weet selfheskrowd.

John ·

Dit klink soos die hele stad buiten die natuurlike fonteintjie in Fonteinedal… Moet dit net nie oorvertel nie anders staan almal daar met ‘n ou winkelwaterbottel x10.

Ronel ·

Vir die 3de keer in 2 maande is daar gebarste waterpyp in Waterkloofrif. Eerste 2 keer het dit die Stadsraad 9 dae geneem om te herstel. Nuutste gebarste pyp in Rigel laan is al Woensdag aangemeld. Steeds geen herstel. Duisende liter water word vermors. En dan moet ek, die BETALENDE verbruiker spaar? Aikona!

Sandra ·

In Merafong het ons amper net 20% water drukking en partydae geen water , as gevolg van die munisipaliteit vir Rand Water R70 miljoen skuld . Ons wat betaal word geraak .

Christa ·

Die mense wat hierdie land wou regeer se oë was groter as hulle denke. Met our regering het ons nooit sulke swak en vrot diens gehad het nie. Water en Elek was nooit n probleem nie en nog minder met dienste wat gelewer word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.