Tientalle skole bid vir koronavirus

Leerders aan Hoërskool Overkruin bid Dinsdag te midde die koronavirus. (Foto: Verskaf)

“Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking” – Jacobus 5:16.

Leerders van sowat 25 skole reg oor die land het Dinsdagoggend kragte saamgesnoer en by hul betrokke skole gebid vir die bekamping van die koronavirus, oftewel Covid-19. Dít kort voordat leerders later vandag noodgedwonge huis toe gestuur is in ’n poging om dié virus te bekamp.

Die massagebedsaksie onder meer as 25 skole reg oor die land, het gedurende die skole se eerste pouse plaasgevind. Dit nadat Driekus Jacobs, ’n onderwyser by die Hoërskool Overkruin in Pretoria, voorgestel het dat leerders aan dié skool saambid te midde van die krisis. “Dit sou net ’n klein groepie gewees het, maar nou is daar reeds meer as 25 skole wat daaraan deelneem,” sê Christian Jacobs, ’n jeugleier by Hoërskool Overkruin, aan Maroela Media.

Leerders aan Hoërskool Overkruin bid Dinsdag te midde die koronavirus. (Foto: Verskaf)

“Ons het gebid vir ons skole, ons land en die res van die wêreld. Ons [Hoërskool Overkruin] glo daar is krag in gebed en ons het ander skole uitgedaag om deel te wees van hierdie beweging sodat ons saam kan staan in Christus en kan wys daar is hoop, want daar waar God is, is daar hoop en God is oral,” sê Jacobs.

Dié skole sluit in van die skool se buurskole soos Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Wonderboom en Hoërskool Pretoria-Noord.  Die inisiatief het ook wyer uitgekring na Helpmekaar Kollege in Johannesburg, Hoërskool Alberton, Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, Afrikaans Hoër Sasolburg en Hoërskool Sasolburg in die Vrystaat. Skole sover as Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch het selfs saamgebid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AmY ·

Dis vir my mooi hoe al die skole saamstaan.
Ja,slegs gebed kan ons nou help.

Anoniem ·

Ek se dankie aan hierdie kinders van verskillende skole wat die inisiatief geneem en die voorbeeld wat hulle gestel het om te bid sodat die Here hierdie pandemie hanteer. Een vers wat by my bly vassteek is: “Lukas 1:37 “By God is niks onmoontlik nie” en ek weet wat ek weet en dit is dat die Here hierdie pandemie in Sy groot genade kan stop.

Ben Lambrighs ·

Liewe mense, hierdie virus is baie meer aansteeklik as hulle dink. By ons hier in België het die regering aangemaan om social distancing aan te hou. En moe my nie verkeerd verstaan nie, ek stem saam met hierdie mense wat tesaam wil bid, maar asseblief neem hierdie virus serieus.

Jaco ·

Ek dog godsdiens is uit skole gehaal. Of is ‘n krisis darem nog goed genoeg om gebed in skole toe te laat? Dubbele standaarde…

Hector ·

Antwoord Ben Lambrights. Die GROOT verskil: by ons in belgië, sowel in die Noorde (Vlaandere) as in die Suide (Wallonië) bly die kerke amper LEEG en gebruik die biskoppe die alibi van corona om kerke toe te maak pleks van ‘n oproep tot gebed te loods. Hoor hoor vir die leerders in SA wat saamstaan om te bid in hierdie moeilike pendemietyd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.