Tientalle vas, een dood ná polisie op zama-zamas toeslaan

(Foto: SAPD)

Altesaam 46 verdagtes is in hegtenis geneem en een doodgeskiet tydens polisie-operasies teen onwettige mynwerkers aan die Wes-Rand.

Multidissiplinêre spanne bestaande uit lede van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, die polisie se lugvleuel en honde-eenheid, misdaadintelligensie en private veiligheidsmaatskappye het gesamentlike operasies uitgevoer wat as ’n dawerende sukses beskryf is.

Volgens lt.kol. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder, is talle van die verdagtes buitelandse burgers en word daar nou gepoog om vas te stel of hulle wettig in die land is. Tydens die operasies is in Krugersdorp en Randfontein op persele toegeslaan waar zama-zamas woon.

Daar is op 700 ton se gouddraende materiaal ter waarde van meer as R2,5 miljoen sowel as 20 selfone beslag gelê vir verdere ondersoek.

(Foto: SAPD)

Bheki Cele, minister van polisie, lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, en genl.maj. Ebrahim Kadwa, Valke-hoof in Gauteng, het die spanne vergesel.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Die jongste inhegtenisnemings volg na die voorval waar ʼn groep vroue verkrag en ’n filmspan beroof is tydens die verfilming van ʼn musiekvideo by mynhope in West Village in Krugersdorp.

Minstens 81 verdagtes is kort na dié voorval in hegtenis geneem en het Maandag vlugtig in die Krugersdorp-landdroshof verskyn. Hulle word in die stadium van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en oortreding van die Immigrasiewet aangekla.

Dit is nie duidelik of enige van dié verdagtes of die verdagtes wat gister in hegtenis geneem is, al met die verkragtings verbind kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

marius ·

Korrupte regeerders kry elke maanhul aandeel . Dis hoekom dit toegelaat word . Nou het dit soos eier in hul gesigte ontplof en die gemeenskp wil hulle uitroei.

Republikein in die Wes Kaap ·

Verwag maar ‘n waarskuwing van Harare dat hul burgers doelbewus ingesmokkel en hier misbruik word vir gevaarlike werk.

Marshall ·

No reports on the Alexandra riots or the “Arab Spring” uprising predicted by both Mbeki brothers and Mr Malema. Interesting.

Sobymykoolkop ·

Dis hoe liberale media werk. Voer jou met die ” minder” belangrike .

SwartBees ·

Ons sal van dit hoor as dit eers verby is. Liberale media prosedure.

Nie Verbaas ·

Media mal Cele het hulle vergesel. Siestog. Die pateet.

Herman ·

Die toneel gaan besoedel en bewysstukke doodgetrap. Almal van hulle kry iets in die sak. Waarom geld industriele en mynbouwetgewing nie hier nie en waarom versuim die betrokke departemente hulle pligte?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

En hoeveel sindikate en korrupte meelopers is gevang wat hierdie zama-zama-waardetoevoeging stelsel bedryf? Gaan kyk tussen die goudmynhope na die derduisende plakkers. Wat is hul verbintenis met die zama-zama-stelsel? Die staatspresident behoort ‘n geregtelike kommissie aan te stel om hierde zama-zama-stelsel te ondersoek. Ook die skrootmetaal bedryf. Skande! Maar wat anders kan mens van eMzansibabwe verwag?

Republikein in die Wes Kaap ·

Nog ‘n geregtelike kommissie? Gaan jare vergader en miljarde rande kos, en die verslag gaan uiteindelik op ‘n rak lê en stof versamel. Die rede: Belangrike kaders mag betrokke wees.

SwartBees ·

Sal nooit gebeur nie want dit is die lands regeerders se side hustle.

Kokerboom ·

Wonderlik. Roei die gespuis uit! Laat operasie voortgaan tot daar nie ‘n enkele zama zama oor is

Republikein in die Wes Kaap ·

Derduisende zama zamas en bogrondse werkers is goed georganiseerd. Dit beteken dat hulle beskerm word.

Maritza ·

Hoekom moet daar altyd iets verskrikliks soos die gebeur voordat die polisie hulle werk moet doen waarvoor hulle betaal word? So is daardie vroue se lewens verwoes oordat ons polisie te laks is om die nodige te doen en ons te beskerm teen die gemors

SwartBees ·

My vraag presies…..hoekom moet n tragedie eers plaasvind voor aksie geneem word. Dis veronderstel om anders om te wees.

Henk ·

Gooi die skagte toe gee hulle ‘n week kennis om uit te kom en gooi dan toe .

Miena ·

Dit is nie so maklik soos die algemene publiek dink nie. Ek werk op die myn – ons het ons 1 myn (skagte & al) volgens die Mine Closure Act behoorlik toegemaak TOTDAT die Zama’s dit ontdek het in nou sit ons met gebakte pere. Ons proto span moes al baie diep ondergronds ingaan en gaan search & rescue and recover. Die ventilasie pype na die (ondergrondse) skagte toe is beskadig, die mure wat gebou word om alle ingange te seel word afgebreek. Hulle maak soos hulle smaak. En dan wonder die publiek hoekom word riviere “besoedel” met suur mynwater… dit is a.g.v….

Callie ·

Hoekom nou eers. Hoekom moet mense eers verkrag word en doodgemaak word voordat die SAPD iets doen omtrent die onwettige bedrywighede.

Swerwer ·

Uiters swak dat Cele met sy hande in sy broeksakke staan, dui op ruggraatloosheid.. Gedrag is duidelik waarom die misdaad in ons land nie hokgeslaan kan word nie. Waarom nou skielik teen die Zama Zamas konsuis wil optree na daar hoeveel keer van te vore al ‘n beroep gedoen was om in te gryp met die onwettige mynery. Respek word verdien dit is nie vanselfsprekend nie en ongelukkig ontbreek respek by die hele Regering/EFF

domheks ·

Kom ons vra net EEN vraag. Hoelank weet SAPD al van die zama-zama’s? En veral cele moet die vraag beantwoord. Is dit 10 of 20 jaar. Nou nadat daar verkragtings was kan cele hulle vergesel. Wat van al die ander plekke? Om maar ‘n paar te noem – CARLETONVILLE/BLYVOORUITZICH/KLERKSDORP/ORKNEY.
Weet niemand van die onwettige bedrywighede nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.