Tientalle vas ná betogings in Harrismith

Die N3 is vroeër vandeesweek met brandende buitebande versper. (Foto: Twitter)

Altesame 38 betogers, van wie drie minderjarig, is in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings in die vroeë oggendure van Maandag in die omgewing van Harrismith in die Vrystaat opgevlam het.

Betogers is glo ongelukkig met dienslewering in dié gebied.

’n Bus is sedertdien met klippe bestook, terwyl ’n vrou beserings opgedoen het toe sy per ongeluk in die pad van ’n Njala-polisievoertuig beland het.

Brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, sê daar was gelukkig geen insittendes in die Maluti-bus toe dié voertuig Dinsdagaand met klippe bestook is nie. Betogers het die R714 in Phuthaditjhaba met brandende buitebande versper.

Die bestuurder van die bus kon daarin slaag om weg te jaag en is nie in die voorval beseer nie. Altesaam sewe van die bus se vensters is wel uitgegooi.

’n Groep betogers het ook vroeër polisiebeamptes met klippe op die N3 bestook terwyl hulle die betogings gemonitor het. Betogers het ook probeer om die polisie se satellietstasie op Intabazwe te beskadig, maar kon nie daarin slaag nie. ’n Polisievoertuig is wel beskadig.

Polisiebeamptes het later die betogers uiteengejaag en kalmte herstel, hoewel ’n 30-jarige vrou in die proses voor ’n Njala-polisievoertuig by Intabazwe beland en beserings opgedoen het.

Volgens Makhele is die situasie in dié stadium kalm hoewel motoriste gemaan word om steeds op hul hoede te wees aangesien die situasie deurlopend verander.

“Harrismith en Intabazwe is tans nog redelik rustig. Die R714 in Phuthaditjhaba word egter steeds met klippe en brandende bande versper,” sê Makhele.

Die VF Plus het die betogings intussen as “niks anders as terreur onder die dekmantel van diensleweringsbetogings” bestempel nie.

Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, sê dit is ’n gegewe feit dat dienslewering in die Maluti-a-Phofung- plaaslike munisipaliteit (Harrismith, Kestell, Phuthaditjhaba) totaal in duie gestort het.

“Inwoners ly as gevolg van die verval van infrastruktuur en ontoereikende basiese dienslewering. Dit is egter onaanvaarbaar dat die groepe en leiers wat hierdie betogings reël, geweld aanhits en dat private eiendom beskadig word.”

Volgens Van Niekerk is dit duidelik dat die faksiegevegte binne die Vrystaatse ANC die rede vir die protesaksies in die provinsie is.

“Die vandalisme en terreur is tot nadeel van die Vrystaat se reeds sukkelende ekonomie. Die VF Plus eis dat die regering en polisie dringend ingryp om verdere skade te voorkom.

“Om te brand en af te breek, sal nie dienslewering verbeter nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Persheks Adri ·

Môre is hulle seker uit op borg die klomp gggmmmfff! Waar is Mal-emma en kie om staat eiendom te beskerm? O ja dit tel net as ons dit doen pffft

SomeOne ·

“Om te brand en af te breek, sal nie dienslewering verbeter nie.”,
kry dit in die id……….. se vlak verstande in, nes ‘n klein bedorwe kind, as ek nie kry nie skree ek my longe uit, in die geval steek aan die brand en verwoes busse, karre, infra struktuur

Johnny ·

“Gewelddadige betogings”. Werklikwaar? Waarom dring die media daarop aan om hierdie polities-korrekte eufemisme te gebruik, in plaas van om dit te noem wat dit is: oproerigheid met gepaardgaande vandalisme?

Mariana ·

Net soos klomp tieners wat hul speelgoed rondgooi. Hulle beskadig ander se goed omdat hulself niks het nie,nooit geleer is om te werk vir dit wat jy wil.hê nie. Eintlik is wat nou gebeur politiek se skuld want jy belowe nie ‘n kind lekkergoed as hy soet is nie. Hulle word beloftes gemaak maar daardie beloftes gebeur nie en met die volgende verkiesing doen hulle presies dieselfde. Kry ‘n mens hulle nou jammer of moet ons net aanvaar dat wat hulle doen is reg. NEE DIT IS NIE. TYD VIR DAADWERKLIKE OPTREDE TEEN HULLE, JA SELFS DIE MINDERJARIGES MOET LES LEER. Hierdie maniere van hulle sal nooit end kry as daar nie opgetree word en hulle betaal vir hul dade nie.

Corné Barend ·

Ek hoor agt vliegtuie is ook uitgebrand by Harrysmith se vliegveld.

Wakkerslaper ·

Maggies, maar hulle het mooi geleer by hulle helde, winnie en madiba

SjN ·

Wat het die bus uit te waai met dienslewering, teiken julle gekose useless leiers wat Alles plunder.

henndrik ·

Maar as hulle gaan stem, stem hulle maar net weer vir dieselfde party

Mallie ·

Daar moet begin word om te skiet met al die betogings en getoi-toiery, dan sal dit dalk ophou. Maak nou nie saak of daar skuldige of onskuldige mense betrokke is nie. So het hulle SA in n rommel land laat beland, waar moet die land se mense nou heen gaan.

Linx ·

Die dame wie beseer is was sekerlik oppad kerk toe,baie maklik no vir civil claims,dis regtig waar n “cut of your nose to spite your face” scenario.

Misky ·

Die groep polisiemanne wat met klippe bestook was, het die betogings “gemonitor”….. sien julle wat gebeur as jy nie optree nie en net monitor? Los julle slapgatgeit en doen julle werk man!!!

Anoniem ·

Minderjariges???? Wonder waar leer en sien hul dit………. Kom Regering , skrik wakker, dissipliene en
opvoeding is al wat hierdie “jeug” en “inwoners”, “landsburgers” ens weer sal in bedwang bring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.