Tientalle vas na polisiestasie brand

Die satellietpolisiekantoor in Alrapark wat met ‘n petrolbom bestook is. Foto: Twitter

Altesaam 46 mense is Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn satellietpolisiekantoor in Nigel aan die Oos-Rand aan die brand gesteek is.

Die 46 verdagtes, 31 mans en 15 vroue, is op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem, het brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, gesê. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Volgens Naidoo het ʼn groot groep betogende gemeenskapslede Hop-huise in Mackenzieville onwettig probeer beset. Die huise moet nog van water en elektrisiteit voorsien word.

“Die betogers het die pad na die huise versper en terwyl polisiebeamptes die gebeure gemonitor het, het ʼn ander groep betogers ʼn satellietpolisiekantoor in Alrapark met ʼn petrolbom bestook.”

Die polisie se eenheid vir openbare orde is intussen na die gebied ontplooi om te verseker dat daar geen verdere geweld is nie.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel. Volgens Sitole het die betogers se optrede nou die hele gemeenskap benadeel.

“Vandalisering en brandstigting van staatseiendom moet deur alle sektore van die samelewing veroordeel word. Ek doen ’n beroep op alle lede van die Alrapark-gemeenskap en omliggende gebiede om kalm te bly en met die polisie saam te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johan ·

Waarom is die polisiestasie afgebrand. Dit het immers niks te make met hulle griewe.

Abe ·

Johanna Botha ,
Dit gaan ook niks help om elke keer te se “niks gaan gebeur nie”. Word bietjie groot.

Pieter ·

Abe,
Jy kan ons almal dan maar inlig deur te begin met waar daar ooit suksesvol teen vandalistiese betogende terroriste opgetree is.

Gert ·

Alan wat stel jy voor. In die hof nie genoeg bewyse nie. Saak uit gegooi.

AW ·

It is a general fact that, no matter how many times people are arrested for public violence, That there are very few convictions.

This, due to verious reasons.

Then whether, there was a trial or Not or a conviction or Not….

Civil claims against the police for Wrongful Arrest and Detention and or Prosecution will be instituted!!!

Proof me Wrong
Proof me Right

That is a South Africa Reality !!!

Karlahari ·

Brand van staats geboue en treine, Diefstal van koper kabels en aanvalle op sekuriteits voertuie moet as terrorisme verklaar word.
Dan kan swaarder strawwe toegepas word.

Cornelia ·

Vandalisering en brandstigting van staats – EN privaat eiendomme, moet deur alle sektore vd. samelewing veroordeel word. As die staat as wetstoepasser die verwoesting van private eiendomme met ‘n dawerende stilte begroet…? Alle mense wat skade aangedoen word deur die opruiende hup en heup swaaiende baksteen en bottel bendes, moet vergoed word deur die staat, weens sy eie gebrek aan verantwoordelike orde en toepaslike verbod op sulke vernietigende dade.

willem Botha ·

Die mense het moeg geraak vir die polisie se vrot diens en die vermorsing an belasting geld kom reg of gee pad.

Chrisjan ·

Ek sien baie ooreenkomste met pre-1994 gedrag om land “onregeerbaar” te probeer maak.

Akademi Buktu ·

Die ANC en ander het hierdie soort optrede in hul sogenaamde ballingskapdae geïnisieer as deel van optrede om die land onregeerbaar te maak. Vandag kan hulle nie hul eie babas beheer nie.

Hendri ·

Hierdie is maar net die wrange vrugte wat die eens trotse Polisie nou pluk. Deur die lukrake aanstelling van regstellende kriminele, sonder om soos voor ’94 die integriteit van elke voornemende Polisie-Offissier te bevestig, is die deur oopgegooi vir korrupsie. Die mense van SA is nie in n dwaal of droomland nie. Hulle sien hoe baie van die Offissiere en bevelhebbers (nie bevelvoerders nie) omkoopgeld ontvang en selfs hulle eie misdaad kartelle het. Derhalwe is daar GEEN respek vir die Polisie of vrees vir vervolging nie. Ons Polisie het n skandvlek op die naam van geregtigheid geword. Niks kan die eens hoë aansien herstel nie. Ge-Afrikaniseer tot op die putbodem van minagting in.

willem Botha ·

En moet nie vergeet van die belasting geld wat op hulle salarisse vermors word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.