Tier glo in kop geskiet ná veiligheidswag aangeval is

Een van die tiere wat verdoof is. Foto: Rosa Fernandes

Een van die tiere wat verdoof is. Foto: Rosa Fernandes

‘n Video en meer foto’s volg onderaan die berig.

ʼn Tier by Jugomaro Predator Park, die huis van die alombekende tier, Panjo, is Woensdagoggend glo in die kop geskiet nadat hy glo ʼn veiligheidswag aangeval het wat op die wildreservaat was om die diere, glo sonder hul eienaar se wete, na ʼn beweerde nuwe eienaar te skuif nadat die reservaat onder likwidasie geplaas is.

Jugomaro, geleë tussen Groblersdal en Marble Hall in Limpopo, is al die afgelope tyd in finansiële knyp ná verskeie onvoorsiene omstandighede. Die park huisves onder meer 21 roofdiere wat strek van leeus en tiere tot luiperds.

Absa het in Oktober verlede jaar aansoek gedoen vir ʼn likwidasiebevel en dié veilige hawe vir roofdiere sukkel sedertdien om kop bo water te hou en het tevergeefs probeer om genoegsame fondse in te samel om likwidasie te voorkom.

Justin Fernandes het Woensdag aan Maroela Media gesê hy was die oggend op pad na ʼn radiostasie in Gauteng om oor die lot van die park te praat, toe sy erg ontstelde ma, Rosa, hom bel om te sê die balju by die reservaat opgedaag om op die katte beslag te lê, aangesien hulle glo aan ʼn nuwe eienaar verkoop is.

“Ons is uit die veld geslaan. Nadat ons onder likwidasie geplaas is, het ons die saak na die hooggeregshof geneem om dit daar te beveg. Die saak is nog onbeslis en nou tree die balju reeds op,” het ʼn duidelik emosionele Fernandes gesê. Die balju het glo papierwerk aan sy ma gewys voor hulle begin het om van die katte te verdoof en in voertuie te laai.

Fernandes het gesê wat vir hom die ergste is, is dat een van die tiere in die geharwar losgekom en ʼn veiligheidswag van die balju aangeval het. Die tier is glo kort daarna deur iemand met ʼn vuurwapen in die kop geskiet.

Hy het gesê die katte is vir hulle soos familie en hy was baie ontsteld toe hy hoor een van sy tiere is geskiet en dat die res van die katte verdoof is en in voertuie gelaai word. Hy het ʼn emosionele boodskap op sosiale media versprei en ʼn beroep op mense gedoen om na die plaas te gaan en die paaie te versper.

Hy was nog op pad terug van Gauteng na die plaas toe Maroela Media met hom gepraat het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat lede van die Limpopo-polisie op die toneel was, maar net om met die hofbevel by te staan. “Gerugte dat polisiebeamptes die tier geskiet het, is onwaar. Dit wil voorkom of ander veiligheidswagte glo op die dier geskiet het,” het sy gesê.

Maroela Media het ook navraag by die likwidateurs gedoen en wag vir terugvoer.

Die toestand van die veiligheidswag is nie in die stadium bekend nie.

Fernandes het gesê hy weet ook nie wat die toestand van die tier is nie, maar kon wel sê dat dit nie sy geliefde Panjo is nie.

Panjo het in Julie 2010 groot opspraak gemaak nadat dié Bengaalse tier, ʼn geliefde troeteldier van Fernandes, uit sy eienaar se bakkie ontsnap het. Hy was vir twee dae lank op vrye voet tussen Bronkhorstspruit en Groblersdal en is na ʼn reuse-soektog met sy dankbare eienaar herenig.

Hier volg die video wat Fernandes gedeel het…

[wpvideo JbO3WBNx]

Lees die opvolgberig hier.

Hier is van die gelukkige tye wat Fernandes saam met sy katte spandeer het…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Rina Pretorius ·

Dis so hartseer dat iemand wat so lief is vir sy diere deur hierdie trauma moet gaan en dat en van die diere beseer is deur mense wat nie ‘n hel omgee wat van hulle gaan word nie. ‘n dier is nie iets wat jy soos ‘n kar of ‘n huis verkoop nie, hulle het gevoelens en is baie lief vir hulle eienaar wat hulle met liefde versorg het deur die tyd heen. Mag die Hemelse Vader hierdie mense help om hulle diere en eiendom te kan behou.

Anita ·

Ag shame man, ek kry hom so jammer, hy is duidelik lief vir die diere, soos ons almal maar is.

Dis altyd kinders of diere wat moet ly, dit maak my so hartseer.

Die een oomblik loop die tier nog lekker rond net om die volgende oomblik in die gesig geskiet te word! Natuurlik gaan die tiere bedreig voel, dink die ouens nou hulle gaan hoenders oplaai?!

Daar moes beter voorsorg getref gewees het!!!!

EMK ·

Wilde diere hoort in die wild. Hoekom mense altyd als wil ophok en “besit” slaan my dronk. Dit kos ‘n fortuin om so-iets te bedryf en kyk nou wie trek alweer aan die korste ent! Ja, ja die ou is lief vir diere en blablabla – ek ook, maar ek sal nie so plek kan onderhou nie – dit kos duurder en duurder soos wat alles net duurder word en dis iets waaraan mens vooraf moet DINK. Mens moet soms nie emsoioneel maar rasioneel dink voor jy enigiets soos die wil begin. Ek koes al klaar vir die klippe….

Simone ·

Gaan lees asb meer op oor die park. Hulle versorg diere wat mishandel was en wat mense nie meer wil hê nie. As jy al daar was sou jy die opregte liefde tussen mens en dier gesien het!

EMK ·

Simone en al die ander wat nou weer hul koppe verloor – lees MOOI wat ek sê. Wilde diere hoort in die natuur en klaar. Ek gee nie om HOE lief iemand vir sulke diere is nie, as jy nie dit kan beskostig (vooruit beplanning hellooooo) dan moet jy dit in die eerste plek nie doen en sou hierdie nie gebeur het nie. Hie ris ‘n klomp unhappy mense wat elke dag gereed sit met hul vet vingertjies en kyk wie kan hulle tog nou aanvat. Moenie eers skryf en dan dink nie. Dink liewer eers en skryf dan NIE. (Langenhoven).Dit geld vir almal wat almal altyd name noem en uitskel – kry tog ‘n opvoeding!

Annie ·

Dis nou hartseer. Ons was al daar, dus een van die min plekke wat hul diere so mooi versorg het. Hokke onberispelik skoon en die diere het duidelik ‘n hegte band met hul eienaarres en haar seun gehad. Hulle verdien dit nie.
EMK as jy daar by hul al was sou jy weet dat ekke dier by hulle uit haglike omstandighede gered was.

Chris ·

Ek hoop jou laaste skrywe is op jo ook van toepassing. Jy sal baat vind daarby.

Lee ·

So jammer vir die Fernandes gesin en al die diere. Ongelukkig is dit tipies ABSA!!!! Plaas hulle eerder probeer help maar nee, hoekom sal hulle dit wil doen. Nou wonder hulle hoekom hulle so baie kliente verloor. Sies ABSA skaam julle!! Regte ANC bank!!

Cassandra ·

Justin en Fernandes gesin….Ons almal glo en vertou dat alles sal uitwerk vir julle. Ek persoonlik weet hoe lief julle al daai pragtige diere het en hoe goed jul na die diere kyk. Have Faith….!

Ja ·

Daar is altyd twee kante van ‘n saak. Die is net een van die kante so ek sou voorstel hoor eers altwee die kante voor julle oordeel. Dis soos EMK sê waarom die goed op hok hou. Hulle hoort in die wild. Ek sal graag die ander kant van die storie wil hoor.

wonder maar net ·

Wonder net of balju regte prosedure gevolg het ,soos vearts ,permitte ,regte vervoer,gelisensieerde wildvangers ,ek weet nie veel van die af nie maar glo daar is sekere vereistes.

Elichia ·

Die diere is op Jagomaro omdat hulle gered is van mense wat hulle as kleintjies gekry het en nie meer kan versorg nie. Die ander is gered van gruesame omstandighede.

Davies ·

My vriend is ‘n joernalis. Die likwidateurs het met hofsake gedreig as die storie die media sien. Hulle het geweier om enigiets te sé. Boelietaktiek of stroooi aangejaag. Die waarheid sal uitkom danksy SA se media.

annette ·

Ek vra dieselfde vrae as “vra maar net” sover my kennis strek moes al die prosedures gevolg word voor daar beslag op “nogal wilde Katte” geneem word. Wat se idioot pak groot katte aan sonder die regte goed in plek. Ek hoop Fernandes sue sy broek van sy lyf af. Hy mag mos want hy het die “wet” aan sy kant. Dom Brood.

Ella ·

Mmmm ja nee “judge” voor julle self weet waaroor gaan die park. Dit is nie net n leeu en tierpark om geld te maak nie. Al daai diere is gered. Dit vat baie bloed sweet en trane om daai diere te versorg wat Justin hulle wel doen. Net jammer hulle mense met veskuilde agendas het hulle te hulp gesnel toe hulle in die moeilikheid beland het. Ai sterkte aan almal by Jugomaro.

Numandi ·

eMK, as jy enigsins enige iets van wild af weet, sal jy ook weet dat ‘n Wilde dier soos die by Jugamaro nie self in die natuur kan oorleef nie.

Michiel ·

Numandi hoekom is hul in die eerste plek by die park?? Hulle moes nooit uit die natuur weggeneem word nie. Als altyd vir die mens se sinnelose genot. Al het HIERDIE eienaar dit nie gedoen moes hy sorg dat hy MEER as genoeg finansies in plek had as hy dan die goed wou “red” en aanhou! Moenie altyd in ander se keel afspring nie, dis die waarheid! DINK

CHRISTA ·

Michiel, hulle is juis by mense weggeneem wat hulle as “troeteldiere” aangehou het en hulle later nie meer kon versorg nie. Omdat hulle nie by hulle ouers grootgeword het nie het hulle NOOIT geleer om te jag of hulleself te verdedig nie – wat moet NOU van hulle word? Het jy ooit die rolprent “Born Free” gesien? Dis presies dieselfde situasie. Al verskil is: in die verlede was mense meer bereid om donasies vir die rehabilitasies van wilde diere te gee, maar deesdae gaan dit swaar as gevolg van die wêreld se finansiële situasie. Daarom moet jyself maar in die toekoms DINK voordat jy iemand so aanval.

Ek hoop egter dat hulle ‘n plek sal kry waar hulle volkome gerehabiliteer kan word.

CHARMAINE ·

As ‘n mens al by Jagomaro Park was en jy het die liefde tussen daai diere en mens gesien kan mens nie glo dat sulke aaklige goed gebeur nie ek dink die Fernandes familie is stukkend na al die drama, ek bid dat hulle sal gehelp word my hart gaan uit na hulle!

Jakoos ·

Ai julle mense wat so afleidings en aannames maak en skel. DINK weer mooi. Die diere moes nooit uit die wild weggeneem word nie. Nou neem mense wat ooglopend vi rhul lief is hul aan sonder om eintlik t edink is dit die beste vir die dier en dan gebeur hierdie en ek dink dit is wat party hier probeer sê. Natuurlik is so iets baie duur maaar dan moes liefs ‘n organisasie wat toegerus is vir die tipe ding die diere aangeneem het. Nou is hier hartseer en dit omdat di emense nie besef het hulle sal nie kan volhou met so ‘n program hoe goed hulle ookal bedoel toe hul die diere aangeneem het. Dit kos derduisende en die mense wat teen so iets is word hier geskel – skaam julle! Dis omdat mens omgee vir diere waat mens die beste LONG TERM besluit moet neem alvorens mens so iets begin. Ek is mal oor honde maar ek weet om ‘n hond goed en reg te versorg kos geld, kos, gereelde otnwurming en inentings, sterilisasie en as hul siek word di took nog. Dus hou ek net twee honde aan want ek weet ek kan goed vir albei sorg. Ek het ook voorsorg getref sou iets gebeur of ek my werk verloor. Hoe moeilik is dit nou om so iets te verstaan?

Lizzy B ·

Ja nee, vir die mense wat nog nie self daar was en self gesien het hoe liefdevol Justin, Gussie en Rosa die diere grootmaak en versorg nie kan gaan doppies blaas. Vir hulle is die diere nie net diere nie maar soos hulle kinders. Elke sekonde, minuut en uur van die dag sit hulle alles wat hulle het, al hulle energie, al hulle liefde in om na die diere te kyk so goed as wat hulle kan. Ja dit kos seker baie geld maar het geld ooit ‘n waarde as jy lief is vir wat jy doen? Vir die mense wat so baie het om te se vra ek “As al jou geld weg is, jy het niks, jy besit niks… sal jy jou kinders of man/vrou en familie net weggooi of sal jy baklei vir hulle?

Kom mense kom ons kyk hoe kan ons die Fernandes familie help deur die tyd…. al is dit net om ‘n gebed vir hulle op te se.

Sommige mense darem... ·

Lizzy JUIS omdat dit baie geld kos moet mens dink voor jy doen. Ek is ook baie lief vi rwilde diere en sit hier op sowat 10ha maar weet dis te klein en dat ek dan sal moet voer koop as ek ‘n spul bokke en goed wil aanhou. Maar ek weet ook wat voer kos so hoe lief ek hulle ookal het sal ek dit nie eers begin nie.

CHRISTA ·

SMD, wil jy dan aanbeveel dat ons selfs die beskerming van ons renosters moet prysgee as gevolg van die “koste”?!!!

Michiel ·

Christa – vergelyk appels met appels. Julle sien nie die groter prentjie raak nie hel, hoeveel keer moet mens dit uitspel? Dis nes daar boontoe gesê is, hier is ‘n klomp unhappy mense met vingertjies wat wag om allerhande belaglikhede te tik en ander aan te val SONDER om realisties en logies te dink en dan beter oor hulself te voel. Uggg. Nie een van die mense wat boontoe teen wilde diere wat op hok is skryf het EEN ding teen die eienaars gesê behalwe dat hulle moes vooruit dink en beplan voordat hulle net sommer so storie begin het want op die einde ly die diere onder sulke besluite. Maak nie goed hulle dit bedoel of dat hulle diere wou help nie, as hulle so iets nie kan volhou doen hulle NIE die diere ‘n guns nie.

Lizzy B ·

JUIS, dis mense wat die mense wil skade berokken niemand kan daarvoor beplan nie. Ek neem aan jy is een van daai mense…

nig ·

Nee Lizzy B die ou HET NIE GELD om die plek aan die gang te hou, hy skuld die bank! daarvoor MOET mens altyd beplan! VOORUIT. Niks te doene met “mense wat hom skade wil berokken” as jy die bank geld skuld soek hulle dit en klaar! D I N K voor jy skryf!

Nicolette ·

SO ONNODIG OM DIE DIER TE SKIET, JY WEET SULKE IDIOTE MOET BETAAL VIR WAT HULLE AAN DIE DIER GEDOEN HET, MAAR NEE DIE DIER IS MOS ALTYD SKULDIG.KOM BY EN LOS DIE DIERE TOG NET UIT.HIER IS IEMAND WAT REGTIG VIR HULLE OMGEE HOEKOM HULLE NOU VAT…………OF DOOD MAAK.

Jnet ·

Julle almal hou aan oor die Tier (wat nie dood is nie, lees Rosa se update op FB), maar wat van die man wat gebyt is? Die tier het los gekom (oor die elec fence gespring.) Wat sou julle se as dit n kind was, wat gebyt is of nog n Amerikanse toeris? Die plek het nie geld om hulle plek te hou nie, wat nou van genoeg kos vir die diere en die regte mediese help – hulle vra nou vir n VET om te volunteer, want hulle kan nie bekostig om een te bnetaal om in te kom nie… Kan hulle regtig dit bekostig om behoorlik na die Awesome diere te kyk? Die katte gaan heel waarskynlik na n beter toekoms en hulle hou dit van die katte af weg? hoe is dit Fair?

Lizzy B ·

Natuurlik sal jy gebyt word as jy die diere bang maak, dis dan wilde diere. En onthou hulle is eienaar mak maar nie mens mak nie. Wat het hulle gedink, skiet voor die voet en die diere gaan niks doen nie. Daai diere eet beter as van die mense so goed is die Fernandes Familie vir hulle nou moet die diere na plekke gaan waaraan hulle nie gewoond is nie en “Fend” vir hulle self. Hoe dink julle mense. Daai diere word met die hand gevoer, elke dag. Hulle is beter af net waar hulle is en nie by een of ander gewetenlose diere moordenaar plek wat hulle diere skiet en seermaak nie.

nig ·

Jnet – NET so. Die mense dink net glad nie voor hulle “stuur” nie. As die eienaaar nie genoeg geld het om die bank te betaal wat gaan word van die diere as daar ook nie meer geld vir kos is nie? Nou skel hulle die bank! Hoe belaglik! As ek nie my huislening betaal nie en aanhou om dit nie te doen en geen van my skuld betaal nie, gaan die bank MY ook likiwdeer. Hoe dink mense, gee banke geld sommer links en regs uit en ag wat jy hoef nie terug te betaal nie? ALLE banke werk so (terloops ek is NIE by ABSA) en dit geld vir alle lenings van watter aard ookal!

Nicolette ·

n onskuldige dier alweer geskiet.idiote soos die moet betaal vir wat hulle aan die diere doen maar nee die dier kry altyd die skuld.hier is iemand wat vir die diere omgee en nou word hulle gevat of VERMOOR. Kom by en los die diere waar hulle gelukkig is……….

HEVW ·

Klim tog uit mekaar se hare uit. Niemand is genoegsaam ingelig mbt alle feite en die agtergrond wat aanleiding tot gebeure gegee het nie. Soek eerder oplossings. Kyk net hoeveel kommentare is al geskryf 22. As n mens vermoor word of taal en kultuur word bedreig dan is daar nie eens die helfte soveel reaksie nie.

CHRISTA ·

HEVW, dis dalk omdat die diere meer “beskaafd” as die mense is – jy sal selfs nie ‘n mannetjie sien wat hom op ‘n wyfie of ‘n kleintjie afdwing as sy nie op hitte is nie! Selfs as ‘n wyfie op hitte is en sy weier die mannetjie ‘n paar keer, los hy haar uit en gaan soek na ‘n ander wyfie wat hom WEL toelaat om haar te dek. Jammer ons mensdom het nie dieselfde ordentlikheid nie – kyk na al die verkragtings!!!

Diereliefhebber ·

Dit is baie hartseer en traumaties vir mens en dier. Ek kan egter nie help om saam te stem met die wat kommentaar lewer oor vooruitbeplanning nie. Elke dag sien ek dierbare hondjies en katjies wat huis moet kry voor die en daai tyd en ek wil elkeen aanneem. Ek doen egter nie, want ek kan dit nie bekostig. Met soveel dieremishandeling die wêreld vol, het ek al die houding van “there are things far worse than death”

Michiel ·

Dierliefhebber – jy dink minstens voor jy skryf, dankie tog vir iemand wat die groter prentjie sien. Hier is glads een wat nou met renosters stories kom… GLAD nie gedink nie

George ·

Hoekom skiet julle sulke mooi diere wat n bedreigde spesie is ? slap jy lekker , voel jou nou goed oor wat jy gedoen het het @@p ? WAS DIT REGTIG NODIG ????

Manda ·

Vir elkeen wil ek net die volgende se GOD het ons mense aangestel om oor die diere te waak na hulle te kyk en hulle te versorg waar moontlik, om enige dier maak nie saak Wild of mak nie te hanteer jy moet respek he en liefde hulle kan onsekerheid en haat aggresie aanvoel as daai mense die regte stappe gevolg het om die katte te kom verwyder sou dit nie gebeur het nie enige dier troeteldier of wilde dier gaan homself verdedig teen weg gevat word van sy of haar familie nes jy as mens ook sou. Dit is die punt niks anders of hulle finansieel beplanning gedoen het of nie dit is nie waaroor dit gaan nie,dit gaan oor n veiligheids wag wat aangeval was oor die regte stappe nie gevolg is nie. N dier gaan nie laat jy hom sonder n geveg net weg vat van alles wat hy of sy nog altyd geken het nie. Punt

Akram ·

Genugtig. Ek het gehoor die eerste keer gehoor van die plek toe Panjo die natuur soder toestemming besoek het. Ek moet ek was bly dat hy gevind was. Nou, ek was nooit op die plek gewees nie, so ek weet hoe die diere se hokke is nie. in die berig word gese dat die tier losgebreek het in die geharwar toe hulle die diere wou laai. Nou wonder ek net, en dit is hier bo genoem, hoe professioneel was die wild temmers? Ek het al gesien op die natuur programme dat die diere eers verdoof word en dan gelaai word. Elke dier word afsonderlik verdoof en dan word daar gewerk. Die eienaar was nie daar nie. as hy dalk daar was sou die diere na hom geluister het. Uit die berig word die prentjie geskets dat die diere op n bol gejaag is en toe begin verdoof is. Klink nie of dit goed beplan is nie. Die span wat so tevelde trek teen die eienaar en se die diere moes nie daar gewees het nie, jip, julle is reg. maar gaan soek by die begin. hoe het die diere in die eerste plek by die mense uitgekom wat hulle verwaarloos het? Ek glo dat daar van die mense is wat tevelde trek teen die plek, ook dalk troeteldiere het, hase, marmotte, skilpaaie of likewane. So indien jy enige van die tipe troeteldiere het, wat maak jy met die kleintjies? los jy hulle op straat? los jy die hok oop en loop weg en kom kyk later wat is oor? Die gesin het omgegee en het die diere n 2e kaans gegee. Ek se nie die nuwe eienaar sal nie na hulle kyk nie, maar hulle was by mense wat omgegee het en soos ek kan sien, was hulle goed versorg. Ek hoop van harte dat die probleem spoedig opgelos sal word.

Anita ·

Ek vind dit eienaardig dat juis op die dag wat Justin na ‘n radiostasie oppad was, daag die balju op……….

Justin, ek ken jou nie, maar miskien moet jy ‘n fondsinsameling hou. Ek sal graag wil help sodat jy die tiere kan help.

Sterkte

SI ·

Jip …. ‘G’ABSA!! Sooooo freaken tipies!! Kry lelike gedagtes man …..
Hoop hierdie mense ry aan die pen!

Milan ·

Dis baie jammer! Die groot ding is, as ‘n wilde dier eers uit die natuur gehaal is vir ‘n lang tydperk, kan hy nie weer teruggaan nie, want hy sal nie oorleef nie. Daarom kan ek verstaan hoekom hulle die mooi diere, wat gered is by ander mense wat hulle in die eerste plek nie moes gehad het nie, aanhou. Baie sterkte aan Jugomaro!

EMK ·

Milan, Manda, Akram en ander. Niemand val die EIENAAR aan nie. Die feit dat hy gelikwideer word bewys dat hy NIE oor die fondse beskik om die plek aan die gang te hou nie. En dis die diere wat daaronder ly. En soos meeste sê maak nie saak hoe lief hy die diere het en of hy hulle sou gered het nie, hy moes seker maak hy het ‘n volhoubare projek. Met ander woorde GENOEG geld! As jy nie genoeg geld het gaan die diere een of ander tyd op een of ander manier daar onder ly! Manda jy met jou PUNT en dan gebruik jy amper nêrens leestekens (AI TOG!lees voor jy stuur dan sien jy hoe dit lyk!)dit gaan oor iemand wat gebyt is, omdat daar likwidasie plaasvind JUIS omdat die eienaar die diere nie langer sal kan versorg want hy beskik nie oor die fondse nie. Hoe verstaan julle klomp nou net glad nie dit nie. Kom ek vertel jul dit so: Ek gaan na ‘n informele nedersetting waar hond en katte verhonger en verniel word. Nou maak ek almal bymekaar want ek is lief vir diere en ek is jammer vi rhulle. Ek neem hul in by my huis en na ‘n ruk het ek net nie meer genoeg geld vir al die kos, inspuitings, sterilisasies, ens ens en moet op die ou einde kom ek in die moeilikheid by die bank. Dis presies dieselfde – of dit wilde of mak diere is. as jy regtig omgee maar dit nie tot die volgende ystydperk kan beskotig doen jy NIE die diere ‘n guns nie. Sorg liewer dat sulke dier by skuilings kom waar hulle kan goed aangaan en weereens as jy omgee sal jy PAL ‘n bydrae elke maand maak aan so ‘n plek. DIS wat mense hier probeer sê en DIS die regte ding. Hou op om emosioneel te dink, natuurlik is dit sleg dat die dier vankant gemaak is maar sien tog net die hele prentjie! Terloops, al die wat so skel, skree en so aangaan – het julle gehelp om hierdie plek in stand te hou? Het julle groot geldelike bydraes elke maand gemaak? Want dan sou hierdie eienaar nie gesukkel het ne sou hierdie nie gebeur het nie. So, “put your money where your mouth is”!

EMK ·

O, en verskoon my typos, ek is deeglik bewus van dit, maar sekerlik lees my kommentaar makliker as die sonder punte, kommas, hoofletters ens… ;)

Milan ·

Dit is presies so, ek stem saam met jou. Maar die regte prosedures moet gevolg word vir so iets. As hulle die regte prosedures gevolg het, is daar geen probleem nie.

EMK ·

Dankie M. Die mense is emosioneel en dink net nie. Nou is die diere dan “dered” deur die ou of weggevat omdat hul mishandel is. Dis nie waarteen ons dit het nie. Die ou het nie geld om aan te gaan – hy skuld die bank en nou wil mense daaroor histeries raak. As al sy geld opraak dan moet die diere in elk geval verskuif word na ‘n plek wat hul WEL kan bekostig- elke keer traumaties vir die diere maar ek dink party mense het tonnelvisie of iets. Hulle dink net arme tier, arme eienaar. Ja arme tier. Eienaar? Hmmm… goed bedoel maar nie beplan en bedink voor hy begin het nie. So, arem tier en arme ander diere. Ek sê ook weer die wat so bekommerd is oor die diere, tiere en eienaar, skud daai sak GOED elke maand (onthou dit kos derduisende!) sodat die plek dan kan aangaan. Maar nee, hul sit en skel hier en voel dan baie goed omdat hulle so “jammerhartig” is. die een kom glads met Born Free – daardie leeu het in die oopte geleef en die keuse gehad om te gaan en is op die ou einde vrygleaat maar nee, osn meot dit nou met hierdie saak vergely. Tsk, tsk…

Christie Joubert ·

En daar bewys ABSA alweer hulle self(sugtigheid)….

Martin ·

Christie, wat moet ABSA hieraan doen? ABSA IS NIE ‘n welsyns organisasie vir diere nie.

Lynni ·

Ek het seker 3 maande laas kommentaar gelewer juis a.g.v. mense wat mekaar so aanval. (Julle raak erger as News24 se mense). As ek wil jammer voel vir die diere is dit my saak. En wat maak dit saak as iemand verkeerd spel en leestekens vergeet?

Koos ·

Waar is al die komentaar nou heen nou bly almal stil toe die nuwe en regte berig uitkom. Hoekom vra julle nie die vrae nou nie. Onthou net eending op facebook kan die persoon wie se page dit is kies wat moet verskyn. Die groot ding hier is al daai diere het op daarie voertuie gestaan sonder water en kos, deur optrede van die Fernandes familie hoekom het hulle nie die diere laat gaan nie en dan deur die hof die diere probeer trug kry nie. Die Fernandes family het veroorsaak dat die diere vir 24 uur in kratte sit oor hul egos nadat daar n veilige plek was vir hulle om te gaan. Die show beteken meer vir hulle as die diere. Hulle moet aangekla word vir diere mishandeling. Ek kry net die prokereer jammer SD Nel wat vir die likiwateers opgetree het en se naam sleg gemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.