Tierboskat glo op R21 in Centurion gesien

Die tierboskat is in November in die Rietvlei-natuurreservaat afgeneem. Foto: Fransie O'Brien‎/Facebook

Die tierboskat is in November in die Rietvlei-natuurreservaat afgeneem. Foto: Fransie O’Brien‎/Facebook

ʼn Tierboskat is glo vroeg Maandagoggend op die R21-hoofweg naby die Irene-afrit in Centurion, Gauteng gesien.

André Snyman, stigter van die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch, het op die organisasie se Facebook-blad gesê die dier is Maandagoggend deur paramedici op die hoofweg gesien. Daar is aanvanklik gesê dat paramedici ʼn jagluiperd-welpie gesien het en dat die welpie moontlik uit die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria ontsnap het.

Die Tshwane-metroraad, aan wie die Rietvlei-natuurreservaat behoort, het egter gesê die reservaat se jagluiperd is veilig en dat mense moontlik ʼn tierboskat gesien het. “Sanbona [die jagluiperd] het ʼn opsporingshalsband en al sy bewegings word gemonitor,” het die metroraad op Twitter gesê.

Die Rietvlei-natuurreservaat se jagluiperd Sanbona. Foto: @CityTshwane op Twitter.

Die Rietvlei-natuurreservaat se jagluiperd Sanbona. Foto: @CityTshwane op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

Ai julle, hier naby ons op die N14 is een eenkeer doodgery – hul word in die nag verblind deur motorligte en nou-ja… ek het ‘n ruk terug gelees dat hul bevind het die grootste deel van sg “roadkill” is aspris deur mense doodgery. Kan jy jou indink… Ek is so mal oor diere (hou nie van haaie, slange en krokodille maar weet hul het ‘n plek in die natuur en sal hul nou nie sommer net DOODMAAK nie) en hier waar ek bly probeer ons alles bewaar, gebruik ampers nooit gif (behalwe vlieëgif in die huis self)en my man sal selfs nie eers ‘n slang doodmaak maar dit vang en êrens in die veld gaan loslaat. Die diere is tog voor ons mense geskape en dis eintlik ons wat hul jag-en woonplekke oorvat so ek word so kwaad as mense oor diere kla en dit net voor die voet doodmaak. Ek hoop ook die ene gaan laaaaank lewe en stokoud word!

lillian ·

Wow! Wens ek kon dit sien!

Arme dier is seker vreeslik verwilderd!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.