Tiger Brands herroep sekere babaprodukte

Produkte wat herroep word, sluit die 100 g , 200 g en 400 g pakgroottes van Purity Essentials Baby Powder in.

Tiger Brand het sommige Purity Essential Baby Powder-produkte as ’n voorsorgmaatreël herroep nadat spore van asbes in monsters van ’n besending farmaseutiese poeier aangetref is. Dié poeier word in die vervaardiging van die babapoeierprodukte gebruik.

Produkte wat herroep word, sluit die 100 g‑, 200 g‑ en 400 g‑pakgroottes van Purity Essentials Baby Powder in.

Luidens Tiger Brands se verklaring Woensdag word Purity Essentials Baby Cornstarch Powder-produkte nie geraak nie, en ook nie enige ander Baby Care-produkte onder die Purity-handelsmerk nie.

“Die bespeurde vlakke van asbes wat in die besending opgemerk is, voldoen nie aan die maatskappy se streng gehalte- en veiligheidstandaarde nie,” het Tiger Brands Woensdag gesê.

“Gehalte en veiligheid is ’n absolute prioriteit vir Tiger Brands. In die beste belang van verbruikers en as ’n voorsorgmaatreël, het die maatskappy die besluit geneem om ’n produkherroeping van die geraakte produkte te begin na oorleg met die Nasionale Verbruikerskommissie.”

Die maatskappy werk tans saam met sy kleinhandel- en groothandelkliënte om alle geraakte Purity Essentials Baby Powder-produkte van winkelrakke te verwyder.

Die maatskappy moedig verbruikers aan om hul Purity Essentials Baby Powder-produkte na hul naaste supermark, groothandelaar of apteekwinkel terug te stuur wat dié produk in voorraad het. ʼn Koepon of kontantterugbetaling sal van 8 September af aan verbruikers uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Delia ·

Wat gaan deesdae aan by Tiger brands. Hulle bly in die nuus. Is daar ook nie meer kwaliteitstoetse nie

philippus ·

Wel ek is oortuig dus dat dit dan in China gemaak word. Hoe kom daar asbes in n produk as dit nie met opset is nie. Daar staan mos nie toevallig n sak asbes in n poeier fabriek nie. Winsbejag.

Oosieoos ·

Wow dis a ernstige fout kan nie ongesiens laat verby gaan nie

Antie Sarie ·

So klompie jare gelede was dieselfde antuiging gemaak oor J+J. Hierdie voel al hoe meer soos n Truman show

Kerrie ·

Goedkoop gemors van China af ….bring die SABS weer terug …..dan sal ook minder huise afbrand agv ketels,verwarmers elektriese komberse,multi-plugs etc….

annie ·

Navorsing oor covid-entstof in Italië en Viëtnam toon bv in bloedmonsters vreemde kristalvorming selfs iets metaalagtig; toenemend na entstof byvoegings. Mens het nog nie navorsing gesien oor hoe entstof besoedel raak deur hantering, verpakking, bottelvervaardiging, naalde, verdunning by miljoene eindpunte en higiëne nie en of die voorgeskrewe bergingstemperatuur gevolg is nie. Alles is maar ‘n risiko… Dodelike redding?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.