TikTok-‘komediant’ in die sop oor donkies

(Foto: NDBV/Facebook)

Vier donkies wat in ʼn TikTok-video geslaan en geteister is, is deur die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) gered en na ʼn plek van veiligheid geneem.

Die organisasie het inligting van die publiek ontvang oor die mishandeling van die donkies in ʼn video wat op dié sosialemedianetwerk gedeel is – glo in ʼn poging om humoristiese inhoud vir die “akteur/musikant” se volgelinge te skep.

Die NDBV het slegs die persoon se skuilnaam gehad, maar het ʼn intensiewe ondersoek van stapel gestuur om die donkies en die vermeende oortreder op te spoor.

“Die welstand van die donkies was die NDBV se eerste prioriteit. Ná hulle in ʼn dorpie in Limpopo opgespoor is, is al vier donkies gered en na ʼn plek van veiligheid geneem,” het die organisasie gesê. “ʼn Veearts het na die donkies omgesien. Hulle word versorg en ontvang ondersteuning. Hierdie donkies sal nooit weer in die sorg van die oortreder gelaat word nie.”

Die vermeende oortreder was nie teenwoordig toe die NDBV die donkies opgespoor het nie. Die organisasie het aansoek gedoen vir ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming en dit is deur die hof toegestaan. Strafregtelike klagtes is ook teen die man aanhangig gemaak kragtens die Dierebeskermingswet.

“Die NDBV is vol vertroue dat hy vinnig aangekeer sal word en dat hy aanspreeklik gehou sal word vir sy veragtelike optrede. Die mishandelaar het nie net doelbewus die donkies seergemaak nie, maar ook die mense, wat op donkies staatmaak vir oorlewing, se eer aangetas. Hy het Suid-Afrikaners in ʼn baie negatiewe lig gestel voor die res van die wêreld. Enigiemand wat invloed het oor ander, moet deur ʼn goeie voorbeeld lei en nie geweld en mishandeling bevorder nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

wendy ·

Ek het daai video gesien die gemors moet opgesluit word die arme diere is veilig hulle is in elk geval glad nie in n gorie kondisie nie

Tanniepetoors ·

Ek het al baie donkies in my lewe gesien en help versorg. Nog nooit donkies in sulke swak toestand gesien nie. Nie by die behoefdigste van behoefdigste eienaars nie. Ek is baie ontsteld dat enige dier so verwaarloos kan word.

Sonblom ·

Ek het ‘n vraag. Hoe is dieremishandeling humoristiese inhoud? Lae gemene “akteur/sanger”!

Di ·

Vir “sekeres” is dit! Hulle het GEEN gevoel vir enige diere nie. SKUIM van die aarde!

Cherokee ·

‘In die sop’ laat dit klink asof dit ‘n kleinigheid oortreding is.
Dit is nie! Diere moet behoorlik versorg word.

Di ·

Hoop die gemors word stronkstraf gegee, SY soort hoort agter tralies. As die persoon dit aan ‘n dier kan doen, wat kan hy nie aan ‘n mens doen nie. Kyk maar net rond hoeveel van die gemors verwoes ander se lewens met misdaad

Casper ·

Laat hy gemeenskapsdiens verrig by die DBV sodat hy in vriendelike diere gesigte kan vaskyk wat vra vir aanneming en nie mishandeling nie,eers na hy sy vonnis uitgedien het.

Ansie ·

Dis tog jammer dat hy nie op dieselfde manier mishandel kan word om sy navolgers nog meer te vermaak nie.

Roek ·

Ek was laaank in wetstoepassing , die man moet ook ‘n paar klappe kry , het julle al ooit gesien hoe die vee na die hawens toe vervoer word , dit is om van nagmerries te kry , die NDBV sal inspekteurs 24/7 aan diens moet he want dit is nie mishandeling nie dit is moord !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.