Tikwe Lodge: Wagte vasgebind, personeellid doodgeskiet

Tikwe Lodge Foto: tikwe.co.za

Tikwe Lodge Foto: tikwe.co.za

ʼn Werknemer van Tikwe Lodge in Virginia in die Vrystaat is Dinsdagoggend in die vroeë oggendure tydens ʼn rooftog doodgeskiet.

“Die polisie van Virginia is na die lodge ontbied en een van die werknemers, Tefo Capcan Mokheseng (46), het op die vloer van die ontvangsgebied gelê,” het sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. Mokheseng is in die kop geskiet. Hy is omstreeks 02:00 op die toneel dood verklaar.

Mokhuoane sê ʼn veiligheidswag is in die sekuriteitshuisie by die hoofhek vasgebind. Een van die ander veiligheidswagte kon haarself loswikkel en het die polisie ontbied.

Volgens die polisie het ongeveer 16 mans op die twee veiligheidswagte by die hoofhek toegeslaan. Hulle het die vroulike wag gedwing om Mokheseng te versoek om die lodge se deure oop te maak. Die rowers het toe glo ingestorm en Mokheseng doodgeskiet.

Hulle het die kantoor geplunder en ʼn kluis met ʼn onbekende bedrag kontant daarin gesteel. Hulle het ook alkohol en sigarette uit ʼn masjien gesteel. Hulle het gevlug nadat hulle die vrou vasgebind het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jasper ·

n Trop van 16 wildehonde.
Het iemand al bereken hoeveel gevalle van moord en geweldadige aanvalle aangeteken is sedert die Paasnaweek begin het ? Hierdie land het in anargie verval.
As jy nie paraat en wakker is nie gaan jy 2de kom.
As nog iemand iewers op n forum vra wanneer gaan dit ophou, gaan ek my bevuil. Hierdie is die begin van lelike dinge.

Trippie ·

Jasper, ek het jou geantwoord, maar my kommentaar is verwyder, nieteenstaande die feit dat ek aan die kommentaarbeleid voldoen.

Daar gaan byna nie meer een dag verby wat ons nie lees van moord nie. Wat vir my nog meer onaanvaarbaar is, is die feit dat die moord op boere meer en meer voorkom. Soveel geweld word gebruik, dit is afskuwelik. Ons gaan op die knieë moet bly, maar self ook hande uit die sakke haal en onsself meer beveilig.

My hart breek telkens wanneer ek van nog ‘n moord, nog ‘n verkragting lees.

Issie ·

Dis net ongelooflik dat rowers net kan inkom en links en regs kan doodskiet en nooit gevang word nie. dit hou net aan en aan en aan. wanneer gaan die SAPD wakker skrik en sien dat dinge buite beheer is in ons land en nie met belaglike statistieke kom van met hoeveel % moorde, inbrake ens afgeneem het nie. duidelik klop hulle statistieke nie met die werklikheid nie

Anneli van Zyl ·

Mense julle verstaan nie die SAPD is ook puppets van die nuwe regering en daarom wil hulle niks aan die situasie doen nie, nie oor hulle nie kan nie oor hulle nie wil nie. Ons nodig n nuwe regering dan sal dinge seker kan beter word maar voor dan is ons gedoem met die lot hoor!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.