Timol-moordbeskuldigde sterf

Joao “Jan” Rodrigues. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Joao “Jan” Rodrigues, die man wat vervolg is in verband met die dood van die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol, is in Johannesburg in sy huis dood.

Die 82-jarige Rodrigues is Maandagaand dood, het Ben Minnaar, sy regsverteenwoordiger, bevestig. Rodrigues se gesondheid het die laaste ruk heelwat agteruit gegaan en hy het veral met sy longe gesukkel. Die presiese oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

“Wanneer ek die laaste paar maande met hom gepraat en gevra het hoe dit gaan, het hy altyd gesê hy lê maar laag. Ek kry hom bitter jammer. Oom Jan het net sy kop laat sak en gehoop hy kom anderkant uit,” sê Minnaar.

“ʼn Mens is onskuldig tot jy skuldig bevind word en hy het nie nou meer die kans om sy onskuld te bewys nie.

“Dit is ʼn slegte ding vir sy familie.”

Rodrigues was glo die laaste persoon wat Timol lewend gesien het en sy getuienis was die kern van die ondersoek in 1972 wat bevind het Timol het sy eie lewe geneem toe hy van die tiende verdieping van die John Vorster-plein-gebou in Johannesburg gespring het.

Timol was 29 jaar oud toe hy in Oktober 1971 in Johannesburg in hegtenis geneem en by die destydse John Vorster-plein-polisiestasie (deesdae die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie) aangehou is. Hy is vier dae later dood.

Rodrigues was destyds ʼn administratiewe klerk by die veiligheidstak van die polisie by sy hoofkantoor in Pretoria. Hy het ontken dat hy enigsins betrokke was by Timol se ondervraging en beweerde marteling.

Rodrigues is dekades later, in 2018, van Timol se moord aangekla. Sy poging om sy vervolging permanent te laat staak, het in 2019 misluk en hy het hom tot die Konstitusionele Hof gewend om die besluit te laat omkeer.

Minnaar sê hoewel die strafsaak teen Rodrigues nou nie meer kan voortgaan nie, sal die saak in die Konstitusionele Hof hopelik steeds kan voortgaan. “Dit is werklik nodig dat daarmee voortgegaan word.

“Ons Grondwet bepaal ʼn persoon het die reg op ʼn billike verhoor, wat insluit dat die verhoor spoedig begin en afgehandel word. Daardie ‘spoedig’ beteken sekerlik nie 30 of 40 of 50 jaar later nie? As iemand op 18 ʼn misdryf pleeg, is dit regverdig om hom in sy 70’s of 80’s aan te kla?

“Wanneer is genoeg genoeg? Wanneer is dit so onbillik dat dit nie meer mag gebeur nie?”

Minnaar sê die saak in die Konstitusionele Hof kan ook in ander sake behoorlike uitsluitsel oor die kwessie gee. Dit sou dus jammer wees as ʼn saak wat reeds so ver gevorder het, nie voortgaan nie.

“Hy kan dalk ʼn klein oorwinning behaal as die Konstitusionele Hof beslis hy moes nooit aangekla geword het nie. Dit beteken nie nou meer vir hom veel nie, maar dalk vir sy familie.”

Brett Herron, sekretaris-generaal van GOOD, sê egter Rodrigues se dood is ʼn “bittere slag” vir die Timol-familie, asook vir die families van ander slagoffers van die voormalige veiligheidsmagte vir wie geregtigheid nog nie geskied het nie.

“Die families, wat steeds geregtigheid soek terwyl die moordenaars van hul geliefdes weens ouderdom om hul sterf, sluit in dié van die voormalige Kaapstadse geestelike, imam Abdullah Haron, wat vandeesmaand 52 jaar gelede vermoor is, asook dié van die Cradock 4, wat 36 jaar gelede dood is,” sê Herron.

Volgens hom het die land, weens ʼn geheime ooreenkoms om nie beskuldigdes uit die apartheidsera te laat vervolg nie, die land en die Timol-familie van die kans op aanspreeklikheid en geregtigheid ontneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Malan ·

…..en diegene wat deur MK vermoor is se families sal nooit geregtigheid sien nie.

JM ·

ANC wil die aandag weglei van al die moorde wat hul aanhangers daagliks pleeg. Hulle is só siek en pateties!!

Groen Ghoen ·

Waar is die geregtigheid vir die slagoffers van die nou hoogheilige ANC en MK se slagoffers? Wie gaan die families van die arme mense wat genadeloos met buitebande verbrand is afsluiting gee? Waarom is die NP-politici en hul generaals wat eens so heftig teen die ANC uitgevaar het, nou so stil?

Casper ·

Ja gelukkig oom Jan gaan oom die vernedering van ‘n verrotte regstelsels verruil vir ‘n sorgelose lewe sonder smart en sonder pyn.Oom Jan sou nooit ‘n regverdige verhoor gehad het nie en ek sê met groot simpatie aan sy familie en vriende,miskien is dit beter so.

Hennie ·

Rus sag ou grote! Jy is n volksheld, ‘n legende! Dankie vir jou onbaatsugtige diens, jy was n blessing!

DIABLO ·

En die kerkplein bomaanval?? Wat van geregtigheid vir daardie families. Regering: As julle wil geld mors op vervolgins wat donkiejare terug “blykbaar” plaasgevind het, wees asseblief consistant en vervolg almal aan beide kante.

JohnnyS ·

Kan die regering die moorde wat op 6 Februarie 1838 plaasgevind het, en ook n hele paar hierna, ondersoek asseblief ?

pestilensie ·

Rus sag oom Jan , jy het ons land met waardigheid gedien . Ons salueer jou

Jakes ·

Jammer dat die persoon dood is maar miskien sou dit beter wees want sou hy ooit n regverdige verhoor gehad het? Die misrabele ANC regering is vinnig om n wit persoon te vervolg maar duisende moorde in SA word nooit opgelos nie want die ANC regering is patete en rassiste. Hulle hoort alamal in die tronk.

Malan ·

Iets dramaties verkeerd met ons regstelsel. Hoe word so ‘n terminaal siek mens vervolg tot sy dood toe, terwyl ander wat blakend gesond tronk toe gaan 2 maande later vrygelaat word omdat hulle dan nou te siek is. Daar moet mos iets verkeerd wees.

Samuel ·

Die persoon na wie hier verwys word, is mos ‘n kameraad en ANC-lid.

Winnie ·

Wonder wie gaan hulle nou teiken. Ek is jammer vir sy familie maar verlig dat hy nie meer deur die hel van hofsake moet gaan nie terwyl die baie siek stortkop vrygelaat word.

Jack ·

Niks met regverdigheid te make nie maar alles met vergelding. Ek is dankbaar dat hy die haatsessie verder gespaar is.

Blikkies ·

Ons dring ook nou aan op geregtigheid vir die moorde wat deur die ANC gepleeg is tydens die apartheid regering!!! Dit is ons reg ook om Geregtigheid te proe.

lollapot ·

Jan, jou dood was GENADE… mag jy in vrede rus. Saluut en Respek!

Realis Thailand ·

Laat Timol nou maar nie hemel toegaan en sy 70 maagde ontmoet nie.
n Moslem wie selfmoord pleeg gaan volgens hulle geloof nie hemel toe nie en dit was die rede om die arme man aan te kla
My innige simpatie aan die familie van Rodrigues wie n goeie polisieman was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.