Timol-moordsaak lank uitgestel

Joao “Jan” Rodrigues tydens ‘n vorige hofverskyning (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Joao Rodrigues, voormalige polisiebeampte, het Maandag vlugtig in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn op klagtes wat met die moord van anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol in 1971 verband hou.

Regter Ramarumo Monama het tydens die voorvonnisverhoor gesê Rodrigues en die staat het ingestem dat die saak in Januarie 2019 kan begin.

Rodrigues se regspan het tydens sy vorige hofverskyning ʼn aansoek ingedien om die vervolging in sy geheel op te skort. Die hof het nog nie ʼn beslissing gemaak oor dié aansoek nie. Dit sal waarskynlik in November vanjaar plaasvind.

Die 80-jarige Rodrigues word daarvan beskuldig dat hy deel van ʼn groep polisiebeamptes was wat Timol in 1971 vermoor het terwyl hy in aanhouding was. Timol het gesterf toe hy 10 verdiepings ver uit die John Vorsterplein-polisiestasie geval het. Sy afsterwe is in daardie stadium as ʼn selfmoordgeval geklassifiseer.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het aangedui dat hulle Rodrigues se aansoek sal teenstaan. “Dit maak nie saak hoe lank gelede iets gebeur het nie, as iemand aanspreeklik gehou kan word vir ʼn beweerde misdaad, dan sal daardie saak in die hof voorkom. Hierdie saak is geen uitsondering nie,” het Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, gesê. “Sy ouderdom en die verloop van tyd sal nie ʼn faktor wees nie.”

Mjonondwane het gesê hulle is al maande lank gereed vir die hofsaak. Sy doen ook ʼn beroep op ander families, wat vermoed hulle geliefdes is deur apartheidsera-polisiebeamptes vermoor, om na vore te kom.

Rodrigues se borgtog is verleng.

Lees alle vorige berigte oor Ahmed Timol op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Callie ·

Mooi Phindi ek is bly die nvg het nou so besluid geneem day niemand most wegkom met oortredings, as Hy skuldig is ry hom maar sit nou ook sommer effort in die onopgeloste Plaas moorde en moet nie van Zuma en sy Gupta cronies vergeet nie….. waar is Shabier Shaik is Hy nie gesond genoeg vir tronk nie? Wees as regverdig?

Ramkat ·

Wonder hoe lank gaan ons wag om vervolging te kry van terroriste wat ons mense so vermink en haat aanblaas?

Pieter ·

My broer is op die grens dood. Ons is teen ons wil verplig om oorlog te maak. Terwyl die politici lekker met hul tjommies gekuier het. KWV rooiwyn en kubaanse sigare….dog ek sê maar.

HPV ·

Pieter, jou broer was ‘n held, ‘n yster, hy het probeer verhoed dat die land lyk soos nou waar meer as 400000 mense reeds vermoor is en ons tel voort! Ons was uitgelewer aan ons eie politici, maar het steeds ons bes gedoen. Ek salueer jou broer. Dit is jammer dat hy sy lewe moes verloor.

DogEkSeMaarOokNet ·

Nou-ja toe, soos hulle sê…maak nie saak hoe lank terug nie sal hulle vervolg word…die “mense” wat Piet Retief vermoor het in “cold blood”…die pommies wat 27 000 vroue en kinders vermoor het….vervolg hulle ook asseblief!!!!!!!

Al ·

Die beskuldigde wat die enigste oorlewende is moet die gramskap dra vir almal wat betrokke was.

bekommerd ·

Die dinge is verby en die regering moet hier kennis neem sodat daar vrede kan kom in die land. So baie (van weerskante) is verantwoordelik vir die dood van mense. Hier dink ek aan die aanslag in 1983 toe ‘n kragtige motorbom, die Kerkstraat, in die middestad van Pretoria ontplof waartydens heelwat mense gedood en beseer is. Moet hulle nie dan ook verantwoordelik gehou word nie. Waarom moet Joao nou pa staan. Die skaal val om. Daar moet n skikking kom en vrede maak met die verlede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.