Timol-moordsaak: Rodrigues hoor nie oor aansoek

Joao Rodrigues in die Johannesburgse hooggeregshof (Oktober 2018) (Foto: Itumeleng English/African News Agency)

Joao “Jan” Rodrigues (80), voormalige veiligheidspolisielid wat vervolg word in verband met die dood van die apartheidsaktivis Ahmed Timol, se saak is Maandag uitgestel.

Daar is verwag dat uitspraak gelewer sou word rakende Rodrigues se aansoek dat sy vervolging permanent gestaak word. Dit het egter nie gebeur nie en die saak is tot 9 Mei uitgestel.

Rodrigues se aansoek is op 28 en 29 Maart voor ʼn volbank regters in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor.

Adv. Jaap Cilliers SC, Rodrigues se regsverteenwoordiger, het in die aansoek aangevoer dat sy kliënt voordeel moet trek uit die amnestie wat oudpres. Nelson Mandela aangekondig het vir politiek gemotiveerde misdaad wat voor 1994 gepleeg is.

Cilliers het ook aangevoer dat Rodrigues onbillik aangekla is van die moord op Timol sonder afdoende bewyse. Hy het gesê daar was onredelike vertragings en het die staat blameer wat Rodrigues aangekla het in verband met ʼn voorval wat meer as drie dekades gelede plaasgevind het.

“Hoe kan ʼn 80-jarige man homself verdedig teen hierdie vae bewerings?” het Cilliers aangevoer. Hy het gesê ʼn verhoor teen Rodrigues sal onregverdig wees omdat die twee beamptes wat hom saam met Timol in die vertrek agtergelaat het reeds dood is en dus nie kan getuig nie.

Rodrigues is die laaste persoon wat Timol lewend gesien het. Sy getuienis was die kern van die ondersoek in 1972 wat bevind het Timol het sy eie lewe geneem toe hy van die 10de verdieping van die John Vorster-pleingebou in Johannesburg gespring het.

Die uitspraak is in Oktober 2017 deur ʼn hof omgekeer ná ʼn lang veldtog deur sy familie en daar is bevind dat hy vermoor is.

Timol was 29 jaar oud toe hy in Oktober 1971 in Johannesburg in hegtenis geneem is. Hy is vyf dae later dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Heksie ·

Net soos met Eugene de Kock, Ferdie Barnard en al die ander wat in die tronk moes sit vir die NP regering se dade, was hierdie man ook net ‘n pion in hul hande.
Shabir Sheik, Robert Mcbride loop los rond … maar op 80 staar Rodriques tronk straf in die gesig. Regverdig?

HPV ·

Jy is reg Heksie, Hulle het ons almal wat deel van die veiligheidsmagte was die rug gekeer en uitgelewer aan die anc regime. Ons veterane ondersteun mekaar, maar waar is die res van die destydse nasie wat ons ook ondersteun het? Die kerke (gemeentes) wat vir ons gebid het? Een groot doodse stilte! So kan ek aangaan maar dan sal die kommentaar nie geplaas word nie…

Maljan ·

Ai Heksie, dis n hartseer saak. As hy oortree het, moet hy tot verantwoording geroep word.
My argument is steeds…. IS DAAR N VERSKIL TUSSEN BESERINGS OPGEDOEN TYDENS UITGEGOOI EN UITGESPRING? Die pataloog dop myns insiens hierdie toets. So aa daar verkeerd aan haar kant is, moet sy ook tot verantwoording geroep word. Daar is geen saak nie

Smokey ·

Ek was erg geskok toe ek gister op News24 ‘n onderhoud met sy dogter kyk. Blykbaar het die owerhede nie eintlik geweet wie hy was nie, maar sy het hom uitgewys. Dat ‘n dogter ‘n 80 jarige pa kan verraai vir so ‘n sirkus, gaan my verstand te bowe.
Maar nou ja, haar beloning sal sy kry. Geen twyfel daaromtrent nie.
Sterk Oom. Ek bid vir jou.

JohanL ·

Simpatie by voorbaat aan Mnr Rodrigues. Aangesien dit gaan neerkom op EEN persoon(hyself) se getuienis, kan die egter “god” speel en besluit of hy dit aanvaar of nie en gaan die regter ‘n besluit neem. Net soos die vorige regter besluit het dit was moord en nie selfmoord nie.

Ek wonder of die familie van Mnr Timol ook so hard druk vir geregtigheid in die Thami Zulu geval? Vir die wat nie weet nie, Thami Zulu is onder uiters verdagte omstandighede oorlede terwyl in aanhouding by ANC kantore in Lusaka destyds terwyl ANC nog verban was. Ek wonder maar net.

Maljan ·

Ai Heksie, dis n hartseer saak. As hy oortree het, moet hy tot verantwoording geroep word.
My argument is steeds…. IS DAAR N VERSKIL TUSSEN BESERINGS OPGEDOEN TYDENS UITGEGOOI EN UITGESPRING? Die pataloog dop myns insiens hierdie toets. So aa daar verkeerd aan haar kant is, moet sy ook tot verantwoording geroep word. Daar is geen saak nie

Alida ·

Hulle mors die hof se tyd. Laat die oom huistoe gaan om te rus. Hier loop duisende moordenaars los rond wat “onskuldig” bevind is.

Onskuldig ·

Dis nou belaglik . regtig . hulle kan nie eers die HUIDIGE Moorde op mense ordentlik ondersoek en die skuldiges aan die pen laat ry nie . hierdie is maar net nog ‘n heksejag op blankes .. WANNEER gaan ons die plaasmoordenaars en die POLITICI begin in die tronke gooi vir aanhitsing tot geweld en moord?

jaco ·

toe die ou Nasionale Party regering na 1990 besef het hulle gaan, bloot gebaseer op getalle, ‘n nie-rassige demokratiese verkiesing verloor en dat die ANC gaan wen, WAAROM het hulle toe nie ALLE bewyse van hulle duistere dade vernietig nie? Hulle het dan 4 jaar tyd daarvoor gehad. Lêers versnipper en verbrand kon tog nie so n harde werk gewees het nie.

JohanL ·

Jaco, hoe weet jy dit is nie gedoen nie? Dit is een ding om bewyse soos harde kopie dokumente te vernietig, maar ‘n ander ding om mense se stories in die kiem te smoor. Jy kan verseker wees, daar het menige snippermasjiene baie baie hard gewerk.

PJC ·

Hulle het geen bewyse teen hom nie maar vervolg hom omdat hulle dink hy weet wie vir Timol vermoor het d.w.s. vlieglesse gegee het soos wat dit destyds genoem is. Sy familie is kwaad en nou wil hulle iemand ń sondebok maak ongeag of hy skuldig is en ongelukkig gaan die getransformeerde regstelsel hulle daarmee help

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.