Timol-saak: Oudpolisieman misluk weer om vervolging te laat staak     

Joao Rodrigues vroeër in die Johannesburgse hooggeregshof. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Joao “Jan” Rodrigues, die voormalige veiligheidspolisielid, se aansoek in die appèlhof om sy vervolging permanent te laat staak, het misluk.

Rodrigues, in sy 80’s, word vervolg in verband met die dood van die apartheidsaktivis Ahmed Timol. Rodrigues is die laaste persoon wat Timol lewend gesien het en sy getuienis was die kern van die ondersoek in 1972 wat bevind het Timol het sy eie lewe geneem toe hy van die tiende verdieping van die John Vorster-plein-gebou in Johannesburg gespring het.

Timol was 29 jaar oud toe hy in Oktober 1971 in Johannesburg in hegtenis geneem en by die destydse John Vorster-plein-polisiestasie (deesdae die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie) aangehou is. Hy is vier dae later dood.

Rodrigues het in sy aansoek om verlof tot appèl aangevoer dat die hooggeregshof verkeerd was toe hy bevind het dat die vertraging in vervolging nie die billikheid van die verhoor sou beïnvloed en sy reg op ʼn billike verhoor sou skend nie.

Hy het in hofstukke aangevoer dat die hooggeregshof ook verkeerd was deur te bevind dat hy nie weens ʼn onbehoorlike motief vervolg word nie. Hy het aangevoer dat ʼn aansienlike aantal verdere vervolgings van soortgelyke sake rakende beweerde oortredings wat gedurende die apartheidsera deur polisiebeamptes gepleeg is, en waar daar nie om amnestie vir die oortredings by die Waarheids-en-Versoeningskommissie aansoek gedoen is nie, in die toekoms sou volg.

Die hoogste hof van appèl het in ʼn meerderheidsuitspraak bevind dat daar geen bewyse is dat die vertraging van 47 jaar voor die aanvang van die verhoor noodwendig die algehele regverdigheid van die verhoor sou beïnvloed nie, en dat ouderdom en sieklikheid relevant sou wees in die vonnisstadium en dit nie gronde is waarop die appellant kan steun as ʼn vorm van vooroordeel nie.

Rodrigues is in Julie 2018 van moord aangekla nadat Timol se familie geweier het om te aanvaar dat hy selfmoord gepleeg het, en nadat nog ʼn geregtelike ondersoek na Timol se dood gehou is, is daar bevind dat hy vermoor is.

Rodrigues se aanvanklike poging om sy vervolging permanent te laat staak, het in September 2019 misluk. Hy het teen die beslissing geappelleer, maar ook dié aansoek is van die hand gewys waarna hy die appèlhof genader het. Die saak is in November verlede jaar in die appèlhof aangehoor.

Rodrigues was destyds ʼn administratiewe klerk by die veiligheidstak van die polisie by sy hoofkantoor in Pretoria. Hy ontken dat hy enigsins betrokke was by Timol se ondervraging en beweerde marteling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

Hoe belaglik. Dit is nege en twintig jaar gelede. Waarom moet daar wraak op alles geneem word.
Waarom aanhou hammer op dinge in die verlede, hoekom nie vorentoe kyk en probeer om ‘n beter
samewerking tussen alle burgers te skep nie. Wat van al die moorde wat hul gepleeg het en die trauma wat daarmee saamgaan . Die wat in die gevangenisse was as gevolg van moord op die blanke volk is vrygelaat, daar is nie vervolging op hul ingestel nie.

Cherokee ·

Mens kan nie anders as om te wonder hoe regverdig so ‘n verhoor sou wees en of vooroordeel nie ‘n rol sal speel nie.

Bertus ·

Hoe op aarde sou ‘n administratiewe klerk, die motief, motivering asook geleentheid optower vir so moord? Help my asb, die is maklik die belaglikste aantygings ooit? Of wat mis ek?

jzjz05 ·

Jou vel kleur tel teen jou.iemand moet vervolg word,want die woord Apartheid word hieraan gekopel dan glo niemand dat jy dalk onskuldig is nie.

Mariana ·

Klink meer na wraaklus as iets anders . Weet niks van die saak nie maar klink of daar nie juis bewyse was nie.

Willem ·

As enigeen dink die ANC en die kommuniste wat in beheer is was van plan om te vergewe en te vergeet sodat Suid-Afrika vorentoe kan beweeg is jy nou seker redelik ontnugter!? Daar gaan ‘n dag aanbreek wat hulle elke man wat uniform gedra het gaan aankla.

Andre ·

As hy’n administratiewe klerk was hoe het dit gebeur dat hy betrokke was by die beweerde moord

Johan ·

Ondersoek en kry klaar. Zuma wil ook nie verhoor word nie. As hy onskuldig is, dan is dit die geleentheid om dit te bewys.

Jakes ·

Dis absurd om Timol aan te kla vir die sogenaamde moord. Maar Timol moet so gou moontlik by Zuma en Ace se regspan gaan aansluit want hulle weet hoe om hofsake vir dekades uit te stel en te vertraag.

pompies ·

Timol was die vermoorde een, nie die een wat gemoor het nie.

Elinette ·

Nou wonder ek, ons is al 27 jaar in ‘n sogenaamde land met ‘n “demokraties-verkose” regering, Apartheid is iets van die verlede en ‘n geen-rassisme-beleid is nou al in plek vir LANGER as 27 jaar (of so word daar beweer) … waarom het die Timol-familie nie onmiddellik na die ANC-regering vir die eerste keer in 1994 ‘verkies’ is, ‘n saak aanhangig gemaak nie? Die feit dat mnr. Rodrigues die laaste persoon was wat Ahmed Timol lewendig gesien het, beteken nie hy het iets met laasgenoemde se dood te doen gehad nie. Praat nou van OU, STOKOU, VROT KOEIE uit die sloot grawe. Vir wie gaan dit reg en geregtigheid laat geskied? Iemand wat al amper 50 jaar gelede dood is? Of vir iemand wat nou sy/haar “15 minutes of fame” op die internasionale verhoog van “Apartheid se ongeregtighede” soek?

Misky ·

Hulle mors die ou omie se kosbare tyd en hy is nie meer jonk nie. Hoe gaan julle dit inelkgeval bewys en hy was ‘n administratiewe klerk. Dis net tyd en geld mors hierdie en Timol was ‘n terroris gewees.

jzjz05 ·

Miskien moet ons die moordenaar van Retief en sy mense aanklae en die moordenaar van Bloukrantz se vroue en kinders.dit het ook lank terug plaasgevind

Blikkies ·

Dit is so te së 50 Jaar gelede. Op grond van wat se bewyse kan hulle hom skuldig kry? omdat hy die laaste persoon was wat hom gesien het? Ek glo nie, Hierdie verhoor is onregverdig en polities van aard. Plaas die Timol gesin wat nou wraak soek by ‘n arme ou wit man hulle kind reg grootgemaak het om by terroriste bedrywighede weg te bly, dan was ons nie nou hier nie. Die Timols is seker ook in hulle element wat hulle seun bygedra het tot die ANC van vandag. Maar nou ja, hierdie belaglike en onregverdige hofsaak kan dalk nog verrykkende gevolge he vir baie mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.