Die verhoor van Joao “Jan” Rodrigues (80), die voormalige veiligheidspolisielid wat vervolg word in verband met die dood van die apartheidsaktivis Ahmed Timol, sal in Desember plaasvind.
Die hooggeregshof in Johannesburg het Woensdag beslis Rodrigues sal op 12 Desember in die beskuldigdebank inskuif vir die moord op Timol wat sowat vier dekades gelede plaasgevind het.
Timol was 29 jaar oud toe hy in Oktober 1971 in Johannesburg in hegtenis geneem is. Hy is vyf dae later dood.
Rodrigues is die laaste persoon wat Timol lewend gesien het. Sy getuienis was die kern van die ondersoek in 1972 wat bevind het Timol het sy eie lewe geneem toe hy van die tiende verdieping van die John Vorster-pleingebou in Johannesburg gespring het.
Timol se familie het egter geweier om dié verduideliking vir sy dood te aanvaar en die uitspraak is in Oktober 2017 deur ʼn hof omgekeer ná ʼn lang veldtog deur sy familie. Daar is toe bevind dat hy vermoor is. Rodrigues is in Julie verlede jaar van die moord aangekla.
Maroela Media het vroeër berig Rodrigues se hernieude poging om sy vervolging permanent te staak, het vroeër vandeesmaand weer misluk.
Rodrigues se aanvanklike aansoek om sy vervolging permanent te staak is verlede jaar ingedien en in Junie in die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys. Hy het hierna teen die beslissing geappelleer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
.
.
Die Regter in die volgende dimensie het klaar die bewyse voor hom…maak nie saak wat gebeur in die huidige dimensie nie…die Reg sal geskied.
.
Okt 2017 ewe skielik genoegsame bewyse?
Vermorsing van belastingbetalers se geld.
‘n Heksejag teen ‘n witman!
Dit n ou man. Is daar enige bewyse
Dit is ‘n ou man. Wat al sterk simptome van Alzheimer het. Daar is geen kans dat enige geregtigheid kan gebeur nie.