‘Timol se beserings stem nie met ʼn val ooreen nie’

Ahmed Timol (Foto: Zetaboards.com)

ʼn Spesialis-patoloog het Woensdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê die wyle anti-apartheidsaktivis, Ahmed Timol, het erge skedelbeserings opgedoen, waarskynlik voor sy afsterwe in Oktober 1971.

Dr. Shakeera Holland het getuig tydens die derde dag van die tweede fase van die Timol-verhoor.

Holland het gesê volgens haar bevindings, het Timol ʼn skedelbesering opgedoen wat moontlik deur ʼn stomp voorwerp, soos ʼn hamer of ʼn ysterstaaf, veroorsaak is. “Dit wil voorkom of die fraktuur nie verband hou met ʼn val van ʼn hoë hoogte af nie.”

Owerhede het in daardie stadium aangevoer Timol het sy eie lewe geneem deur uit ʼn venster op die 10de verdieping van die John Vorster Plein-stasie (nou bekend as Johannesburg Sentraal-stasie) te spring.

Holland het bygevoeg Timol het verskeie ander beserings gehad, wat hy moontlik vier tot ses dae voor sy dood opgedoen het. “Daar was verskeie wonde wat nie aan die val toegeskryf kan word nie.” Sy het verwys na gesigfrakture wat geïsoleer voorkom en nie direk met die basis van skedelfrakture verbind word nie.

Timol is in 1971 saam met sy vriend dr. Salim Essop in hegtenis geneem toe ʼn motor, waarin hulle gery het, deur die polisie voorgekeer is. Verbode SAKP- en ANC-literatuur is in die motor gevind.

Timol se familie het deurgaans volgehou die polisie het hom vermoor. Hulle het die polisie se bewering dat hy sy eie lewe geneem het, verwerp.

Die verhoor, wat Timol se familie gebring het, het ten doel om ʼn uitspraak deur landdros JL de Villiers in Junie 1972, om te keer, wat bevind het dat Timol selfmoord gepleeg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

gogo ·

Regtig wie sit nou agter die klomp gemors iemand soek sensasie en nou alweer n witte teen wittes wat ou koeie uit die Sloot grawe my MA het altyd gesê laat die dooies met rus of is dit nou weer aandag afleier van zuma af

Wonder ·

As dit jou familielid was sou jy nie wou weet wat werklik met hom gebeur het nie?

Swart Piet ·

Nou toe, terwyl daar nou so besig is met die ou koeie, kyk dan nou ook sommer asb wie het agter die Kerkstr bom in Pta en ander gesit. Wie was die meester brein daar agter en het die opdragte gegee. Ek bedoel as ons nou wil derms uitryg dan moet ons dit mos reg doen, nie waar nie.

Anoniem ·

Was dit ‘n baie ou fraktuur of ‘n varse? X-straal plate kan mos meer wys. Kon iemand in die hele gebou nie sien hoe hy self deur die venster val nie? Hy moes verby al die onderste verdiepings mos voor hul vensters verby geval het? So, eintlik is die hele gebou skuldig daaraan, en het niks gedoen nie. Het dit gedurende dag of aand gebeur?

Kiepie ·

As hy by die venster verbykom kan jy nie regtig sê of hy val en of hy gestoot is nie kan jy Anoniem. En wat wil jy hê moes hulle op daardie punt doen? Hom vang?

Petro ·

Hoekom nou weer geld mors met goed jare gelede gebeur het hoekom gebruik hulle nie geld om my seun se dood te ondersoek nie hy is 6 jaar terug vermoor en ek nog niks gehoor nie en hy was n wets gehoorsame landsburger nie n terroris nie

John ·

Eensydig… nou skielik na 40 jaar. Hoekom nie 23 jaar gelede nie? Dit het ‘n sterk Zupta-reukie. Een Oosterse bevolkingsgroep is nou erg op die voorgrond. Natuurlik is die Engelse altyd daar~ hoogheilig en bitterbek. Menings en teoriee van onervare kundiges en stokou gryses wat bollemakiesie slaan… Vreemd. Wat wil die mense bereik? Afrikaners word weer met saamgestelde rente as boewe uitgemaak. Terroriste wat dood en skade veroorsaak het om ‘n regering omver te werp, word sedert 1994 tot helde verhef. Sal die Weste ook oor ‘n paar jaar huidige terroriste op hierdie wyse vereer?

karen ·

1972 > 2017 45jr later ? maar All is fair in war ne ? of tel dit net vir sekere mense in die lewe….. ek sal graag wil weet hoe wie hierdie saak op die hofrol gekry het ??? aan die ander kant Held Staats Begrafnis Vakansiedag en ure se bewondering vir die “te goed om mens te wees” Dis om van siek te word !

Yster ·

Ag. Asb. mors van tyd en geld. Hy was ook seker nie n engel nie. Alhoewel hy al vir 46 jaar een is. Sê hy het nie gespring nie en kry die saak afgehandel. Ek wil graag sien wie gaan vir wat verantwoordelik gehou word. Seker ook Jan van Riebeeck.

karen ·

volg …. Ag regtig Anoniem ? ” die mediese sy van die saak moet asb bevordering kry …. val 10 vloere maar die skedel was nie so beseer gebreek dat sy die hou op kop kon identifiseer ? Ongeloofliik ! Geslaan met stomp voorwerp nie agv van val nie ? Regtig soos jy se John als pas inmekaar

Ernst ·

Ek is seker ,n yster staf en ‘n hammer maak nie die selfde merke nie, so hoe kan hulle se dis nie van die val maar van ‘n hamer of yster staf. 45 jaar gelede, eks seker hulle spekuleer net. Hulle soek net iemand om te blameer of hulle soek kompensasie.

Fiellies ·

Gaan my verstand tebowe,nes daar gesê is hierbo daar was nooit weer gekrap in al di bom aanvalle wat destyds deur di “wêreld held” oftewel Meester brein terroris aan gevoer is….Wat my nog verstomme laat is dat daar geld en tyd is om te mors op sake wat dekades trug gebeur ht maar daars duisende plaas moorde en aanvalle dokke wt onopgelos lê in poliesie stasies di hele land vol!Maar nee daars was nou mos weer ñ wit faktor betrokke so ds nouweer rassisties verwante saak!Wag nt hierdie regering gan Mugabe ng soos ammateur lat lyk!

Henry ·

Wanneer jy 10 verdiepings ver val en kop eerste op ‘n hamer of ‘n stuk yster val, wat alweer daar rondlê omdat die werkers vergeet het om dit te bêre, gaan jy bitter sleg daarvan afkom. Om nie eers te praat van al die ander stampe en stote wat deel van so ‘n 10 verdieping springery is nie…

buo ·

Wonder wat sal sy standpunt vandag gewees het as hy nog gelewe het,seker dan ook gespring soos dinge nou staan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.