Tina Joemat-Pettersson sterf

Tina Joemat-Pettersson (Foto: GCIS)

Voormalige minister Tina Joemat-Pettersson is Maandag dood. Sy was 59 jaar oud.

“Dit is met groot hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde kameraad Tina Joemat-Pettersson aankondig,” het die ANC se parlementêre koukus vroeër vanaand aangekondig.

Joemat-Pettersson was ten tyde van haar dood ’n ANC-LP en het as voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie gedien.

Joemat-Pettersson het vroeër jare ook as minister van energie en minister van landbou, bosbou en visserye gedien.

Medelye stroom sedertdien in.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê Joemat-Pettersson was ʼn toegewyde voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie.

“Sy het nie weggeskram daarvan om kritiek te lewer teen senior lede in die topbestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie. Sy was ook nie tevrede met enige antwoord nie.

“Sy het geglo in deursigtigheid.”

John Steenhuisen, federale leier van DA, en Patricia de Lille, minister van toerisme, het ook hul medelye betuig.

“Ons gedagtes is met haar familie, vriende en natuurlik ook haar kollegas in die parlement,” het Steenhuisen gesê.

“My innige meegevoel met haar seuns, familie, kollegas en vriende. Mag sy in vrede rus,” het De Lille gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kobus ·

Tragies. Maar sy was nie regtig bekwaam nie. Nie in een van haar portefeueljes suksesvol gewees nie.

Kobus ·

Soms moet die “regte” dinge gesê word. Hulle noem dit polities korrek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.