Titelaktes is ‘radikale ekonomiese transformasie’ – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa tydens die oorhandiging van titelaktes by die Franklin-behuisingsprojek in Franklin, KwaZulu-Natal (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê sy regering is besig om titelaktes aan nuwe huiseienaars te oorhandig om mense die impak van “radikale ekonomiese transformasie” te wys.

Ramaphosa was deel van ʼn seremonie in die hoofsaaklik Xhosa-gemeenskap van Franklin naby Kokstad in die suide van KwaZulu-Natal waar titelaktes oorhandig is. Hy het ʼn paar uur vroeër die nuwe kantoor van die departement van binnelandse sake in Kokstad oopgemaak.

Die president het ʼn beroep op die gemeenskappe gedoen om meer betrokke te raak in plaaslikeregeringsake – van die beplanning tot begrotingsprosesse, sodat die regering nie hoef “te wag vir diensleweringsbetogings om op die probleme te reageer nie”.

“Hierdie oorhandigingsgeleentheid is beduidend, want dit vorm deel van die werk wat ons saam doen om die menswaardigheid van Suid-Afrika se mense te herstel. Ons het nou met ʼn program begin om grondhervorming te bespoedig wat grond en ondersteuning aan swart boere sal bied, die eiendomsregte te verseker van diegene wat op die grond werk en woon, en geskikte liggings vir maatskaplike behuising in stedelike gebiede te identifiseer. Deel van dié program is om mense die geleentheid te bied om hul eie huise te besit,” het die president gesê.

Oorhandiging van titelaktes by die Franklin-behuisingsprojek in Franklin, KwaZulu-Natal (3 Oktober 2018) (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Ramaphosa het gesê in ʼn land waar die meerderheid van die bevolking slegs ʼn paar bates besit, sal huiseienaarskap beskou word as ʼn tipe “radikale ekonomiese transformasie”. “Dit bevorder die vooruitsigte van diegene wat titelaktes ontvang en die geslagte wat volg. Huiseienaarskap kan ʼn bydrae lewer tot verbeterde opleidingsuitkomste en huishoudelike armoede verminder. Families is veiliger en gemeenskappe is meer stabiel.”

Volgens hom is die uitreik van die titelaktes ook ʼn deel van “ʼn groter poging om mense die middelpunt van dienslewering te maak”. “Wanneer mense betrokke is in die lewering van basiese dienste, dan neem hulle volle eienaarskap daarvan en sien om na publieke hulpbronne. Dit is nie genoeg vir die regering om vir die mense te werk nie, dit moet saam met die mense werk.”

Hy het bygevoeg gemeenskappe moet ook met die polisie saamwerk om misdaad te bestry, met opleidingsbeamptes om skole te verbeter en met plaaslike raadslede om dienslewering te verbeter en plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bevorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Mrs H ·

Radikale Ekonomiese Transformasie – Is rasisties en ekonomies versmorend Cyril! Omdat dit nie Indiër, Kleurling, Bruin of Khoi San insluit nie, maar alleenlik jou “our people”, en daarom ook ondemokraties is. Jou “our people” het van die Noorde gekom en uitgemoor vir grond, terwyl AL die ander onderhandel en middille verruil het vir grond. Jy Cyril, maak dit duidelik dat jy nie skatryk op n eerlikke, kennisrykende en hardwerkende manier, geword het nie, maar op die rug van o demokratiese Black Empowerment. Die Clown het sy rooi neus verloor… Soos die land sy potensiaal.

Paul ·

Kan jy glo dat hierdie nou radikale ekonomiese transformasie is. Ok seker vir die oningeligtes wat nog nooit so iets in hul lewe ervaar het nie. Ongelooflik. Dit moet iets verskrikliks vir daardie mense wees. Dit moet vir hulle voel asof hulle die lotto gewen het, maar dan het niemand nog vir hulle beduie wat die lotto is nie. En Ramaphosa en die ANC het dit geweet.

Paul ·

En die ergste vir hulle om te verwerk is dat hulle nie eens ‘n kaartjie gekoop het nie. Ek het ‘n idee hulle aanvaar dit so.

Theo ·

Die lotto kaartjie kry hulle volgende jaar waar hulle die kruisie moet maak waar daar staan ANC

John ·

Die afgelope kwarteeu was die ANC aan bewind. Om nou eers met ‘n groot bohaai titelaktes uit te wil deel is ‘n bietjie baie te laat om iemand anders die skuld daarvoor te gee. Die ANC lyk al te veel na ‘n derderangse toneelgeselskap wat telkens ‘n ou haas uit ‘n ou hoed pluk vir ‘n groot gejuig veral so voor ‘n verkiesing van die cast vir die volgende paar jaar.

Wag ·

Wag en kyk die beste deel kom nog. Nou het hulle ‘n stukkie papier. Wat hulle nie besef nie, is dat daar moet nou water en krag aangelê word en ‘n huis moet gebou word volgens bou regulasies en dit kos geld wat die meeste van die mense nie het nie. O en nog iets. Daar gaan erfbelasting ens ook bykom. Hulle gaan vinnig van daardie papiertjie ontslae en of voor mnr Ramaposha se deur uitkamp.
Hoor my lied.
??

Wonder net ·

Ek wonder of weet die trotse titelakte houer dat daardie akte nie vanaand kos op jou bord waarborg nie?
Weet hulle dat ‘n huiseienaar self verantwoordelik is vir instandhouding?
Huiseienaars moet erfbelasting, rioolering en vullisverwydering betaal.
Jy moet struktuurversekering uitneem en betaal vir ingeval van ‘n ramp.
As jy jou huis aanbied vir sekuriteit , en dit is die hoof rede waarom hulle aktes wil he, is daar ‘n paaiement om maandeliks te diens.
Klink dit nog so rooskleurig vir die nuwe eienaars?

ZAR ·

Titelaktes vir die land waarop hulle al etlike jare woon is ‘n goeie ding. Dalk sou dit beter gewees het om hulle so bietjie daarvoor te laat betaal, sodat hulle kan glo hulle het dit verdien en dan nie so maklik daarvan afstand doen nie, maar ek glo nie dit sou almal se goedkeuring dra nie.

Johanna Botha ·

Ek betaal belasting en die geld gee vir n ou wat nie belasting betaal n huis ….HUH ? ! ?

Faan ·

Nou wat nou van al die huise in stamgebied…tradisionele gebiede in die platteland??? Die olifant in die kamer…. by wyse van spreke

Netso ·

Waars myne? Ek die Maand ook maar kry niks mahala betaal net en nou gan ek nog bonop my plaas se titel akte vir my agterstewe gebruik sien ek!

André ·

Hoop nie hulle brand die kantoor af as hulle ongelukkig is nie?

Wat van my ·

Liewe Mnr President. Wat van my?! Ek is n 27 jarige enkel ouer en kan ook nie bekostig om n eiendom te besit nie, ek betaal n voertuig wat ek 1 van die dae nie meer kan bekostig om te ry nie danksy jou regering. Gaan die nuwe eienaars nes die res erfbelasting betaal vir basiese dienste of gaan dit óók verniet in hul skoot val? Of moet ons nog n tarief verhoging verwag vir die wat wel betaal om die bogenoemdes se verantwoordelikhede te dek? Julle praat van gelykheid ens maar julle besluit wie is gelyk en wie nie.

Se maar net ·

Hulle het nie werk nie so nou kan hulle dit wettig verkoop aan die rykes en dan maar weer by hulle huur. Hou die spasie dop.

Rêrig!! ·

Ok, nou het hulle ‘n titelakte, wat beteken dit eintlik, het hulle ‘n huis of ‘n sink kaia?
Met ‘n titelakte kan hulle nou verbande aangaan, net meer geld in rente in die banke se rekenings.
En die beste van alles daai kantoor wat die betogings moet uitskakel…….nog ‘n soustrein…..

Gemaskerde Sopbeen ·

As die regering misdaad onder beheer gebring het kon elke baksteen wat tans in sekuriteitsmure gemessel is gebruik kon word om huise te bou. As jy dan besef jy kan nie vir almal alles “gratis” gee nie…en begin het om rentevrye lenings aan voornemende huiskopers toe te staan…..het daar ‘n situasie ontstaan waar fondse sou sirkuleer om vir meer mense vinniger huise te gee…………..maar daaraan het niemand gedink nie…net aan “alles vir gratis”…

Jerry ·

CR het van die begin af goeie intensies gewys en ten minste doen CR iets goeds vir sy mense en vir kapitalisme met die titelaktes en is hierdie spesifieke titelaktes nie ten koste van ons mense nie, maar eerder tot almal se voordeel. Dit bring ekonomiese en politieke stabiliteit en ek dink nie ons kon vir beter gevra het as presies dit wat CR nou doen nie! Ten spyte van ondermyning uit eie geledere en van opposisie partye, bly ou CR darem nog staande en daarvoor moet ons baie dankbaar wees! N ander ANC leier sou nie so verdraagsaam gewees het nie.

Poot ·

Jerry…….. lewer jy kommentaar vanuit die buiteland uit? Dit wil vir my voorkom jy is in “Etopia”.

christa ·

ja hy moet nog baie titelakte uitdeel. Stemdag is om die draai, sodat hy genoeg stemme kan insamel.

Maryn ·

Kyk asseblief volgende keer as jy met die N12 verby die jongste gratis- “minderbevoorregte” stad langs die snelweg, by die Delmas-afrit, verby gaan! Daar staan ‘n hele paar droom – paleise, gebou oor ten minste drie erwe, en feitlik elke huis het nog ‘n toevoegsel – plakkershut aangebou! As iemand net vir my kan sê waar kom al hierdie mense vandaan???????????

dejager ·

Op die foto lyk dit net vroue het aktes gekry? Die antie in die groen lyk minder uitbundig.Is hierdie dames ooit geletterd genoeg om die aktes te lees?
Noem my skepties maar hulle lyk vir my soos ‘props’ in ń Rammaposa-reklame foefie.

Stuiwer ·

Deur vir mense net alles te gee, veroorsaak dat mense dit later as vanselfsprekend aanvaar. Hoe gaan hulle na hul nuutgevonde eiendomme omsien? Hulle gaan nie kan nie! Wat ‘n joke.,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.