Tito Mboweni bedank uit die parlement

Tito Mboweni, minister van finansies (24 Februarie 2021) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die voormalige minister van finansies, Tito Mboweni, het as lid van die parlement bedank, byna vier maande ná hy die kabinet verlaat het. Die voormalige minister was ʼn lid van die portefeuljekomitee oor water en sanitasie sedert die kabinetskommeling in Augustus.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het Maandag op Twitter gesê Mboweni het sy bedanking ingedien by speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula. “Die bedanking is geldig van vandag, 31 Januarie 2022. Die speaker wens die minister alles van die beste toe met sy aftrede.”

Mboweni ontvang ʼn salaris as lid van die nasionale vergadering sedert hy uit sy amp verwyder is en Enoch Godongwana die pos ingeneem het. Die ANC sal hom nou as ʼn lid moet vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

Dit was seker te warm in die parlement met die son wat deur die oop dak skyn?

Shakespeare ·

Groot jammerte. Hy kon seker nie die blatante verwoesting vd land aanskou nie.

Johann ·

Seker n paar direkteurs poste wat baie beter betaal vir sy invloed.

Waarnemer ·

Adios Amigo,hamba kahle ,good riddance of …..waarom vat jy nie sommer vir ramaforie saam nie en gaan speel gholf saam scabir en zoempie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.